Gedigte

Titel: Soldaat
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Skoot knal
waar hy val
op sy knee
waar hy purper smee.

Geen traan sal daar vloei
want vir ‘sy’ land ‘wil’ hy bloei.

Metaal plaat tussen tand geslaan
en in sak gestop
deur dood se klop,
waar sy salig heen gaan
ander se traan baan.

Op sy kis en vlag
staan sy vrou en wag,
op die ysterwiel
sonder soldaat se siel.

Hy het gelewe…
Hy het gesterwe…
Hy vir …



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Soldaat
Ons was self daar .Het iemand afgestaan aan die dood en is self ook gewond .Did was alles vir ons land.Dankie vir hierdie gedig vir die gesterwes en gewondes Daar is baie van ons wat probeer om n nuwee begin te maak en te vergeet van die verlede al in dit hoe moeilik Ons gaan voort en dien nog steeds ons land
12 jaar 5 maande 1 week 6 dae 10 ure oud


Soldaat
Ai Vince, ek onthou die dae in die 70's, toe 'n program op TV onderbreek is, om verslag te lewer oor 'n SA soldaat of soldate wat sy/hulle lewens verloor het op die grens. Jong manne wat nog nie eens begin lewe het nie! Ironies dat hulle die ANC uit ons land wou hou en nou regeer hulle die land!
14 jaar 1 maand 1 week 2 dae 17 ure oud


...Soldaat
Hello MVB
tussen al die gestry oor 'n vlag en vir wat dit staan
word die hartseer en werklikheid van gister verlore.
Groen latte was skaars uit die skool na die 'Oorlogs Universiteit' waar hulle onderskeidings gekry het in naamlik skiet, dood en vrees...vir wat?
Deesdae is dit alledaags in ons samelewing, vrouens wat wag vir hulle 'helde' en helde wat wag vir erkenning.
Vriende, familie en kennise wag nog steeds op hulle soldate...en die hartseer raak ons almal wat geglo het in ons land en sy leiers.
14 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DVD-reeks, HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM

deur Christo Nel

Hoe hoor ek die Here se stem? Soveel gelowiges vra gedurig: Maar hoe hoor ek die Here se stem in my lewe? In hiedie DVD-toerustingskursus gebruik Christo Nel 9 sessies om verskillende fasette van die antwoord op hierdie vraag vir gelowiges te belig.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar