Gedigte

Bladsye:
Titel: SOLOVLUG
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



op die rug van my arend verlaat ek stil my plek
aan hartseer en weemoed is daar geen gebrek
beeldskone natuurtonele swiep wasig onder verby
met mag wil ek voort, net vlug uit hierdie kontrei

ek wil niks aanskou wat siel kan knaag en knou
klemmende rimpelhande diep verberg in jou vere
slegs jou ritmiese hartklop en snoesige warm vel
oordromme bultend konkaaf om klanke buite te hou

verder sweef en vlieg ons na iewers tog nerens
want ‘n plekkie om lafenis en sielsvrede te vind
lê dalk nie in hierdie wye ongenaakbare sfeer
hier wil gediertes jou stroop, jou menswees verslind

neem my na waar iemand nog glo in geregtigheid
of dit voorkom by water, woestyn, bos of vergetelheid
net oneindig vêr vir slegs ‘n wyle-waar ek kan vergeet
en weer van U fontein kan drink en genadebrood eet



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Solovlug
Pragtig! Ek wil saamvlieg.
7 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 11 ure oud


solovlug...
by die laaste vers het ek sommer op "auto pilot" gegaan! Wonderlik vir die siel.
7 jaar 9 maande 1 uur oud


SOLOVLUG
Sjoe ek hou hiervan,veral laaste vers
7 jaar 9 maande 3 dae 8 ure oud


Met...
hierdie een roer en versterk jy ook my hart! Dankie Elvina.
7 jaar 9 maande 3 dae 21 ure oud


solo vlug
Ek het vanaand saam met jou gevlieg op daardie arend se rug. Dankie vir die geleentheid Elvina
7 jaar 9 maande 3 dae 22 ure oud


Solovlug
Jy het my nou werklik meegevoer met jou uitstekende gedig, Elvina. Wel gedaan!!!
7 jaar 9 maande 4 dae 3 ure oud


.
Dankie ek het die vlug geniet
7 jaar 9 maande 4 dae 10 ure oud


Kommentaar
Besielend en mooi gedoen, voel die hartstog daarin en AMEN daarop!
7 jaar 9 maande 4 dae 10 ure oud


Solo
Mooi gedoen Elvina.
7 jaar 9 maande 4 dae 12 ure oud


Solo
Pragtig geskryf...en ek wil beaam oor die slotreël
7 jaar 9 maande 4 dae 12 ure oud


Slot
Baie mooi slot Elvina, goeie werk.
7 jaar 9 maande 4 dae 12 ure oud


Solovlug
Lees jou seer en die ontvlugting wat jy deurmaak. Goed beskryf.
7 jaar 9 maande 4 dae 13 ure oud



Van ons ander lede

As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar