Gedigte

Titel: somer
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

dit is wanneer die stilte oorverdowend is
en al wat jy hoor is die sonbesiekoor
en plant en dier en mens geknel
deur die gewetenlose aanslag
van die son se hel

lam menselywe reeds klam van hitte
wyl al wat lewe besig is om te verlep
lam-knieë voer die humiditeit ons mee
elke bietjie lewe en energie uitgepars
marteling so fel

kyk ons op na die berge in die verte
van waar sal daar lafenis vir ons kom
vir sagte reën ons wanhopige bede
vir redding uit die versmorende hittegolf
vir ontwykende vrede

mag ons vind ons pad deur hierdie foltering
na strelende waters van rus wat vrede bring

want dis somer,
somer in die bosveld…







Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

KIEKIES

deur Kiekies

'n Potpourri van aardse en menslike insidente, wat wissel van skreeusnaakse humor tot hartroerende tragedie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar