Gedigte

Titel: Sommer net
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sommer net wil ek jou in
my rietdakhuis in nooi wanneer
koffiemoer opdrifsels in ruwe riwwe
op my moeselienhart kom lê -
om aan jou te kan raak,
jou sommer net by my te hê

Sommer net wil ek bossies laventel
tussen jou klere sit sodat die geur daarvan
jou sal herinner aan die dag toe skaapwolkies
in kuddes bo ons koppe wou roer
en my lag weer die stoep
kon rooi-politoer

Sommer net gee ek vir jou
warm brood met 'n jêmpie daarby,
lag vir jou melksnor se mooi
voordat jy my op die katel neergooi

Sommer net wil ek oor perskepitvloer
met jou Pollie-ons-gaan-pêrel-toe;
'n veldblom in jou hoed se band steek,
die reuk daarvan in elke herinnering oopbreek

Steek 'n kers saam met my aan
terwyl ons aandgodsdiens hou;
biddend, heilig,
ons hande saamvou

Sommer net so
oor ek vir jou lief is -
sommer net..
ek en jy



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
Hierdie gedig sal met die regte toonsetting 'n treffer in die Suid Afrikaanse mark wees. Ek hou van die ritme en rustige ongedwonge rym.
Jou woordkeuse is keurig ingespan.
4 jaar 4 maande 4 weke 19 ure oud


Sommer...


Sommer net omdat jy so pragtig uitstort: Dankie!
6 jaar 2 maande 3 weke 3 dae oud


SOMMER
Hou veral van vanmelee se nostalgie in die gedig.

Pragtige beelde en woordgebruik, sommer net onuitspreeklik mooi!*
6 jaar 3 maande 10 ure oud


Sommer net
Dis vir my een van jou mooiste gedigte, ek hou baie hiervan :)
6 jaar 3 maande 1 week 4 dae oud


Sommer net
So pragtig. dis asof ek ook daar genooi is vir koffie en jou foto, ag dit maak alles so mooi, voel vir my of ek wil tuis raak.
6 jaar 3 maande 1 week 4 dae 1 uur oud


***
'n Lekker-voel gedig, mooi gedoen.
6 jaar 3 maande 1 week 4 dae 10 ure oud


Sommer...
... net mooi!
6 jaar 3 maande 1 week 4 dae 14 ure oud


Sommer net
sommer net pragtig gedoen.
6 jaar 3 maande 1 week 5 dae 13 ure oud


Carla!
Amper kry ek die ritteltits van die mooi. Oe, hy gaan sit lekker in my hart. PRAGTIG! Twintig-uit-tien.
6 jaar 3 maande 1 week 5 dae 15 ure oud


Sommer net
Tweede gedig wat ek vandag lees wat 'n mens net wil voordra. Hierdie is 'n pragtige gedig.
6 jaar 3 maande 1 week 5 dae 15 ure oud


Sommer net
Sommer net so dis jy 'n lekkerlees romantiese gedig uit die niet op.
6 jaar 3 maande 1 week 5 dae 16 ure oud


Somer
Ek het jou sommer gedig sommer ok drie keer sommer deurgelees sommer omdat ek lus het en sommer omdat dit so mooi is. Jy kan sommer ma nog een skryf hoor dat ek sommer dit ok sommer drie keer kan lees.
6 jaar 3 maande 1 week 5 dae 17 ure oud


sommer
Regtig pragtig geskryf Carla..beslis 'n weer en weer lees gedig.
6 jaar 3 maande 1 week 5 dae 17 ure oud


--
Van titel tot slot .. sommer net !Beautiful! verby!
6 jaar 3 maande 1 week 5 dae 18 ure oud


Jy weet . . .
Wag
Ek plaas liewer 'n wag voor my mond
netnou haak van die bos rose e dorings aan my lippe vas
Rose wat ek voor jou wil strooi

Mooi Vrou.
6 jaar 3 maande 1 week 5 dae 19 ure oud


Sommer
Sommer net fabulooslik. Dit speel duidelik voor my oge af.

Treffend:

en my lag weer die stoep
kon rooi-politoer
6 jaar 3 maande 1 week 5 dae 19 ure oud


die weerspelling
like jou 3de laaste strofe.
6 jaar 3 maande 1 week 5 dae 20 ure oud


sommer net
PRAGTIG!!!! elke emosie so mooi neergepen...
6 jaar 3 maande 1 week 5 dae 20 ure oud


Wow!
Manjefiek!! Dis digkuns op sy beste!! Jy is begaafd, Carla!! Wow!! Dis beautiful verby!!
6 jaar 3 maande 1 week 5 dae 21 ure oud


Sommer
Sommer net baie mooi Carla...
6 jaar 3 maande 1 week 5 dae 21 ure oud


Sommer
Was sommer heerlik om te lees en maak 'n lekker lêplek in 'n
ou se gemoed. Beautiful woordkeuses. Knap :-)
6 jaar 3 maande 1 week 5 dae 21 ure oud


O
Dit is... sommer net.... 'n moerse gedig (ek het aan ander mooier woorde gedink maar dit sou nie betekenis gee nie) sommer net is dit 'n lewe, 'n leeftyd. Ek is mal daaroor
6 jaar 3 maande 1 week 5 dae 22 ure oud



Sirkeldans

deur Driekie Grobler

Die foto van my boek wys nie op die advertensie wat julle geplaas het nie, kan julle dit asb vervang met hierdie foto. Baie dankie :)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar