Gedigte

Titel: Somnia
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende




Die skurwejakkie skuur sy kop sagtikkend teen ’n rots
en op die werfie kraai die bantamhoenderhaan;
roep so die rooidag aan wat teen die Oosterkim aanklots.

Die skadu’s in die klofies damp vinniger as die son
die verre rante oorklim om te wyk voor vroegdaglig...
En net so sou ek my hart se seer wou uitwis as ek kon.

 O, die smagting om net uit te wis die selle wat onthou;
dié deeltjies in die brein wat worstel met die letsels
nagelaat deur jeug-onwetend -prulle-lugkastele bou…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Somnia
Pragtig geskrywe, en jy beskryf dit so mooi. Ek wil somtyds net vergeet!!
5 jaar 3 dae 2 ure oud


Somnia
Pragtige beskrywende woorde - ja daar is party gebeurtenisse wat 'n mens liewer net wil vergeet, maar hulle klou juis in die geheue.
5 jaar 4 dae 5 ure oud


somnia
die mooiste woordskildery.. ek wil Karmenaadjie en Rudi ditto
5 jaar 4 dae 8 ure oud


klofies
Jou werk getuig altyd van fyn waarnemeing

Puik gepen
5 jaar 5 dae 4 ure oud


die weervoorspelling
jip..jys n filosofiese ou...dink nogals die kleinkinders kan om n vuur luister na jou
5 jaar 5 dae 9 ure oud


!
Sjoe...
7 jaar 11 maande 4 dae 8 ure oud


die weervoorspelling
Mal hier oor.
n Uitstaande werk.
8 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 5 ure oud


Somnia..
Hoe kan mens vergeet, as jy steeds bly onthou
daardie letsels wat diep in jou wese ingrou
nagedagte wat mens geheel en al wil uitwis
smagting na liefde wat steeds deel van jou is?

Briljante verbeelding, Koekekranka...deel hierdie duidelike, worstelende stryd met jou!
8 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 6 ure oud


Eina
die brein wat worstel met die letsels

en tog is daar so baie mensies wat hiermee worstel want ons leef in die 20ste eeu waar geen genade / liefde of respek enige vorm van lewe betoon word

dis 'n besonderse manier om binne seer letsels te verwoord ...

ek moes die gedig 'n paar keer lees om te begryp wat vir my gese word - en dan dink ek het nog steeds nie eens alles ingedrink nie - baie goeie gedig!
8 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 11 ure oud


Somnia
Pragtig.
Volgens my standaard , die volledige storie met 'n dieper storie daar binne.
8 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 16 ure oud


rex
Somnia ...
Is dit nie skurwejantjie nie?

Mooi, maar daar was al mooier. En toe maar, my Skat,tyd heel alle wonde.
8 jaar 5 maande 3 weke 4 dae oud



RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Bundel homofiliese kortkunsprosa.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar