Gedigte

Titel: SOMS
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

SOMS.

Soms is jy my warm sonstraal,
en soms . . . ’n neervel weerligstraal

My soetste heuning of my bitterste aalwyn
my petroltenk, my remskoen
my groot geluk,
my hart se eina-pluk

Soms is jy
my emmer vol moed of ’n breek-my-spoed
my uitsien, my niks sien
my helder sonskyn somerdag,
my dowwe donker winternag

My warm kole-vuur, my kaal koue muur
my sagte hand, my skurwe hakskeen
my gespierde torso, my pap tyre
my brute krag,
my vernietigde pag

Soms is jy
my peace-in-the-home, my droë kakiebos
my dik-stam kremetart, my slaparm treurwilg
my opgewonde hart,
my seerste smart.

My Namakwaland oopbek daisy, my stom plastiek begrafnis blom
My aanmoedigende ‘jaa-jaa!’ my steeks donkie ‘hokaai!’
My liek-lak voort marsjeer,
my halt en rugomkeer.

My Salomo wysheid, my geen-raad domheid
My rondomtalie, my ondertoe glyplank
My gemaklike pantoffel, my te-knap tiekie-hak skoen
My fladder vlinder, my steek-pyn muskiet
My liefde-stoor,
my veragting-spoor

Soms is jy
my salige gemaklikheid of my krummels in die bed
My skitter-diamant, my smerige steenkool.
My kalm see, my woeste spring-gety.
My helderste sterrebaan,
my stik donkermaan

My oorloop beker, my geroeste dolleeg emmer.
My opbou, my afbreek
My heerlike opwinding, my dood-verveel
Tog wil ek jou met niemand ruil of deel,
want jy is myne!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Soms
Pragtig gepen. Die herhaling van die titel bind alles so mooi saam. Die kontraste skep 'n treffende beeld.
5 jaar 6 maande 6 dae 1 uur oud


soms
Baie mooi kontraste
5 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 4 ure oud


Soms
wow ... 10/10!!! n dawerende applous vir hierdie pragtige gedig!! ... laat my nou sommer wonder waarom skryf jy so min gedigte??
5 jaar 9 maande 1 week 2 dae 23 ure oud


soms
WOW!!! Ok, suster - staande applous!!!!! :))
5 jaar 9 maande 1 week 3 dae 1 uur oud


SOMS
Ten spyte van alles; "Tog wil ek jou met niemand ruil of deel,
want jy is myne!"

Wow, ware liefde wat hier praat, dit kan gedoen word.
5 jaar 9 maande 1 week 3 dae 9 ure oud


***
Ja-nee, soos Rudi sê, jy't party ver gaan haal, maar dis oulik en nice, sou ek ook sê.

Ano wys haar wysheid in pag :-))
5 jaar 9 maande 1 week 3 dae 19 ure oud


Ano
Soms
Dit klink soos die huwelik... :-))))
5 jaar 9 maande 1 week 4 dae oud


soms
Dis sommer 'n uithaler gedig hierdie, Kiekies. Wonderlike vergelykings. Goeie werk :-)
5 jaar 9 maande 1 week 4 dae oud


die weervoorspelling
die (byna)perfekte balans?
ek hou van die die..veral omrede die 'vergelykings' so WYD is..en jy party 'ver' gaan haal het.
eintlik n nice liefdesgedig.
5 jaar 9 maande 1 week 4 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar