Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Ek teug diep aan die 'menthol'
aanslag op my longe en hou dop
hoe rook-asem slang 'stil opstyg
om met 'n sawwe lyf aan die
plafon te hang
Vang my oog die gil betoog
van stilte wat skree
vir erkenning

Dis net die geluid van reën wat
klaagliedere van Jeremia ween teen
my gestolde verset
en modderspatsels vlek teen die
wit mure van môre

Kyk ek die volgende skrikkeljaar
in die gesig met 'n swaar sug oor nog
'n kalenderdag wat verdwyn in die
tydgleuf van lewe,
soek ek stom na elke 29 ste Februarie wat
weggeval het in my verlede

Met 'n bleek gelaat staar ek na niks
wat kom 'belly-dance' voor my oë
met swaaiende heupe en sigeuner klokkies
wat ritsel in die onsigbare vuurkring
van my louwarm vooruitsigte

Laat dit my steeds
naak voor die volgende dae, maande en
jare wat ek moet 'face' met 'n
nuwe identiteit
maat 'n ou verslete paspoort van gister
in my gatsak

Raak ek wild-mak in my totale onkunde
om orde te skep in te veel ruimte
met te min mens daarin om
suurstof met my te deel.
Te veel kerse, musiek en kaggelvuur
maar te min hand
om die eensaam uit my lyf te streel

Ek teug weer diep aan die 'methol' aanslag
op my longe en draai op my sy
om die engeltrane teen my vensterruit te tel.
Jou naam net stil te fluister
want nooit mag
of kan ek
dit hardop uiter
Skemer daal skugter neer
om nog 'n dag te kiem
uit die res van my lewe.

© 2010 Almarie Truter








Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jammer Willem en mede-woesters....maar ek gaan bietjie kras klink...

FAN-FOKKEN-TASTIESE werk die Ammie...(persoonlik is die een heel bo aan my lys van jou gedigte..en uit my hart jou beste....ooit) Oe net wanneer ek 'n gemoedsbekakking beleef, kom kleef jou diepe poesie teen my sielvenster'hartjie vas en kan ek weereens hoop kry dat my pen weer sal vloei....WOW mens....ek staan pen regop en klap onophoudelik hande vir die roerende stuk....daar's hopeloos te veel in jou gedig wat vir my uitstaan om aan te haal....so ja...sjoe....JY MAG MAAR EN JY DOEN DIT SO F.... GOED....

Tella
+fav
+fav
+fav
+fav
lol


10 jaar 2 weke 3 dae 22 ure oud


Ammie ek staan stil!
10 jaar 2 weke 4 dae 3 ure oud


Al wat ek kan sê is WOW - jy het met jou woorde reguit in my kop in geklim en begin skets - ek kon alles so perfek sien, voel en ruik. Absoluut PUIK!!
10 jaar 2 weke 4 dae 5 ure oud


Dit is vreeslik mooi geskry, ammie...
Ek lief die sesde strofe veral!

10 jaar 2 weke 4 dae 5 ure oud


--
met 'n
nuwe identiteit
maat 'n ou verslete paspoort van gister
in my gatsak
-- [Ek kan maar net stil wees by hierdie gedig van jou ammiemoon ...]

Hugs
Willemien
10 jaar 2 weke 4 dae 11 ure oud


met 'n swaar sug
oor nog
'n kalenderdag wat verdwyn in die
tydgleuf van lewe

Elke woord perfek gekies, elke woord drup-draal swaar teen die ruit van nog 'n nietige dag..
Wow Maannooi!
10 jaar 2 weke 4 dae 12 ure oud


uitfreakingstekende gedig!
10 jaar 2 weke 4 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar