Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Somtyds is lekker, lekker
Somtyds is sleg, sleg
Somtyds is lekker ook sleg

Somtyds dink jy, jy het baie, baie goed gedoen
Somtyds dink ander ook jy het baie, baie goed gedoen
Somtyds voel jy dan agterna baie, baie tevrede

Somtyds doen jy iets baie, baie goed
Somtyds is jy dan agterna baaaie tevrede
Somtyds dink ander jy het baie, baie sleg gedoen

Somtyds doen jy iets baie, baie sleg
Somtyds is jy dan agterna baaaaie spyt
Somtyds dink ander ook jy het baie, baie sleg gedoen

Somtyds wou jy iets baie, baie goed doen
Somtyds doen jy dit dan nie
Somtyds voel jy dan agterna baie, baie sleg

Somtyds hunker jy om iets baie, baie goed te doen
Somtyds doen jy dan heeltemal die teenoorgestelde
Somtyds voel jy en ander dan agterna baie, baie ongelukkig

Somtyds wou jy nog iets goed doen
Somtyds stel jy dit uit vir baie, baie later
Somtyds is dit dan baie, baie te laat

Somtyds praat jy die waarheid
Somtyds praat jy nie die waarheid nie
Somtyds kom die waarheid vanself te voorskyn

Somtyds is dit beter om iets dadelik te doen
Somtyds beter om ‘n bietjie uit te stel
So maak seker watter somtyds jy kies

Somtyds ..........ja net somtyds.............
Die somtyds wat jy kies is somtyds belangriker
As wat jy somtyds dink.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar