Gedigte

Titel: SONDAGAAND
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Sou die son se sterwensstrale
en die uitvaart van die sabbatsgees
moontlik meebring dat ek mymer
en die oorsaak van gedagtes wees?

Het die Skepper so bedoel
dat ek eenmaal in die week
my nietigheid as mens moet voel
en nie oor myself sal dweep?

Daarom dat ek huiwerend dink
oor die lewe en die dood
want die een week lê versink
en ’n ander strek daarvoor.

Sal ek in die een wat kom
beter vaar of weer moet sien
hoe my arbeid se totale som
wegval voor die wêreld wat ek dien?

Moet ek voortgaan in versugting
om te arbei en te buk
onder laste en verpligting
wat so swaar die mensdom druk?

Ja, ongelukkig sal dit moet
want heel spoedig kom die uur
dat elkeen meegaan in ’n stoet
na ’n nuwe week wat ’n ewigheid sal duur.






MOENIE die titel en jou naam hier invoeg nie. Dit word outomaties bo aan bygevoeg.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sondagaand
Ek dink hierdie is 'n puik gedig in alle opsigte. En net weer 'n herinnering dat more nie gewaarborg is nie. En dat hierdie lewe nie 'n kleedrepetisie is nie.
6 jaar 11 maande 6 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Grafte op die Berg

deur Johannes de Swart

Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar