Gedigte

Titel: Sonder
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

En daar was ek,
sittend alleen in die vêrte,
my oe gluur na die muur
deur die koue-koue atmosfeer;
Ek droom drome, ek dink denke,
van jou, van my, van ons...

My hart is in ‘n tangsleutel vasgegryp,
met elke draai voel ek hoe die bloed my hart verlaat,
met elke sekonde wat verby stap
voel ek hoe my emosies my in die maag skop,
my wind is uit, my hart vol verlange,
ek mis jou...

Wanneer sal ek tog weer na jou kan staar,
die slaap-standbeeld van jou gewaar,
hoe lank nog voor ek jou asem oor my liggaam sal voel,
die warmte van jou liefde,
die gemak van jou glimlag,
die emosie van jou oe?

Ek stuur ‘n elektroniese boodskapper om antwoorde te gaan soek,
maar hy het langs die pad verdwaal,
die pyn van sy afwesigheid
sny deur my siel,
sny deur my hart,
sny deur my denke...

My lewe is dor sonder jou;
Die rede hoekom ek opstaan
verkwyn in die oggend skemer son,
die tyd stap weer by my verby
en ek keer teen die geweld van sy koue oe
Waar is jy tog...?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Titel: Sonder
Pragtige woorde
10 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 2 ure oud


Ek wou nog byvoeg dat die titel van die gedig besonder goed is. Dit skep die gevoel van "sonder".
Groete,
PM
12 jaar 14 ure oud


Jy beeld die emosie so ongelooflik gevoelvol uit dat dit trane in my oe bring. 'n Groot handeklap vir jou, dit is uitstekend gedoen.
Groete,
PM
12 jaar 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar