Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die crush wat ek op jou het
het my stukkendheid heel gelap
met my eenrigting liefde aan jou ,
n lapkombers wat my warm hou
in die aakligste nag
as alles my los , en net as ek dink
dis al wat jy ooit sal wees ,
hou jy my nie-sommer-net-nie-vas ,
want sonder liefde is ek niks ,
maar vir jou is ek iets .

Die crush wat ek op jou het
het my hartnerf-windkraak-menswees heel gelag
met my verdrink-luister aan jou klank ,
n eggo wat my regop hou
op die langste begrafnis
as iemand my los , en net as ek dink
dat jy maar net daar is
hou jy my nie-sommer-net-nie-vaster ,
want sonder liefde is ek niemand ,
maar vir jou was ek iemand .

Die crush wat ek op jou het
het my gebreekde liggaam pynloos gemaak ,
jou tranekombers het my nie-sommer-net-nie die vasste gehou
in daardie pad voor daardie kar daardie dag
toe ek bang was , en net toe k gedink het
dit gaan seer wees
het jou hande my vir Jesus gegee ,
want daar is geen groter liefde
as om vir iemand dood te gaan ,
en vir my liefde is jy iets werd .

Ek kan nou altyd by jou wees ,
en dis groter as die crush wat ek op jou het .
Dankie dat ek nooit niks sonder jou liefde was nie .


- Cornè Etchells



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Botes Stamregister en Kwartierstaat

deur Willie Botes

Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar