Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Driekie...ek gaan see toe
môre-oggend - baie vroeg
tot lank nadat die son sak...
ek't reeds my handdoek ingepak

*

Driekie, het jy al by Gordonsbaai
op die hawemuur geloop
wyl die branders teen die dolosse breek
het jy al snoek in die Strand gekoop
net daar langs die sloep
waar die skuite uit die water kom

Driekie...toe ek klein was
wou ek self my vissies vang
met 'n handlyn en 'n hoek...
(as ek maar net kon)
sou ek heeldag lank op die jetty sit
wyl my voete in die water hang

maar Driekie...ek moet erken
groot branders en woeste winde
maak my ook soms...'n bietjie bang

Driekie...toe ek jonk was
het ek teerpad langs geloop
kaalvoet - tot in Kusweg
om coke en chips te koop
by die Springbokkafee...
dit was oorkant die see

en later...in die nadag
'n draairoomys met flake
en ek kon ure lank na die water
van die grou see sit en kyk
tot sonsak as die hengelaars
oral op die rotse staan...
Driekie...ek sê jou nou
dit het baie mooi gelyk...

*

Driekie...
môre wil ek see toe gaan
en ek sal heeldag lank daar bly
en wat ek so graag wil weet, is...
Driekie...kom jy saam






C. Shaw
20 Junie 2014



*Ek het hierdie een geskryf nadat ek en Driekie gesels het oor hoe graag ons see toe wil gaan...as ons kon. So, hierdie een is vir jou, Driekie...en vir al die ander Driekies daar buite wat ook na die see verlang :-)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Driekie
Driekie , jy sal plan moet maak dat jy en Carma by Die Strand kan uitkom ! Daar moet 'n plan wees, sy vra dan so mooi ! Ek het baie daar geloop en roomya eet en hoop om daarheen eendag terug te keer. Dis baie naby aan waar ek woon.
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 17 ure oud


Driekie
Carma het met hierdie pragwerk baie heimwwe by baie van ons wakker By my ook en asseblief mag ek ook later aansluit
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae 6 ure oud


Song
Aaah baie dankie vir die verbeeldingsvlug waarop ek saam met jou kon gaan. Ek proe nog daardie snoek van die Strand in my mond en daardie soet draairoomys met die flake. As ek weer na die see verlang gaan ek dit weer lees. Sommer een van my gunstelinge maak. Dis die eerste keer in my lewe wat iemand spesiaal vir my 'n gedig geskryf het. Baie dankie vriendin, waardeer opreg :)
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae 15 ure oud


Song van die see
Nee, ek dink jy en Driekie kuier eers alleen julle kuiertjie . . . dis 'n song vir net twee, dié. Dan kry ons ander ook beurt . . . later.
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae 16 ure oud


2
Ek klap my hande uitbundig!!! Ek stamp my voete vir ekstra klank! Ek wil met als in my applous basuin vir hierdie een! En ja ek verlang ook na die see en my huisie daar in Gordonsbaai! Daai golfie op die foto is by Bikini Beach geneem, het jy geraai?
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae 17 ure oud


Stem
Hierdie een moet getoonset word!

Die terugreis na kindtyd is opwindend lekker!

5 jaar 8 maande 1 week 3 dae 19 ure oud


Hmmmmmmm
Ek wil saamgaan... as die water net nie die tyd van die jaar so koud was nie!
;-)
Dis baie lekker geskryf. Soos 'n lied wat mens moet sing.
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae 19 ure oud


driekie
wow jy maak dat ek ook nou na die see verlang!!! pragtige gedig Carma
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae 21 ure oud


die weervoorspelling
ek dink julle het meer as een lang dag by die see nodig.
Minimum n week.
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae 23 ure oud


see toe
Ek soek net na my sonbril dans ek ook daar
5 jaar 8 maande 1 week 4 dae oud


Oulik!
Hierdie Driekie wil ook groot asb saam gaan !
5 jaar 8 maande 1 week 4 dae 1 uur oud


Song vir Driekie
Ai, hoe laat jy my nou verlang. Het self baie daar van die hawemuur af, met handlyn, vissie gevang. En daai snoek, vars uit die see, so van die boot af, teen 50c per snoek!! 1969, met die eerste aarbewing, was ek saam met vriende daar in Kusweg in hulle strandhuis. Ek pak sommer nou my goed en laat waai Gordonsbaai toe.
5 jaar 8 maande 1 week 4 dae 1 uur oud



ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar