Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

(Hierdie is eintlik 'n liedjie wat vir my ouers geskryf is. danksy jax sal ek dit op my 21st vir hulle kan sing!!!!!)

ek kyk terug op 21 jaar
vir solank was jul altyd vir my daar
my beskerm en vir my baklei
en sover ek kon het ek gevolg waar jul my lei
altyd gehelp en my ondersteun
jul is die rots waarop ek leun

dad-jy’t geraas en getroos
is lief vir my al maak ek jou boos
my soveel van die lewe geleer
my reggehelp al maak dit seer
geleer wat’s reg en wat’s verkeerd
en gemaak dat ek nooit van my Here vergeet

Mamma- jy’t my gedra onder jou hart
Gedeel in al my kindersmart
Gekoester toe die lewensboot my ruk
Opgetel as ek struikel onder druk
Woordewisselings tussen sussies beheer
En daagliks ‘n nuwe lewensles leer


En al maak die waarheid seer
Stel ek weer en weer teleur
Was jul altyd vir my daar
Het jul harte openbaar
En al word ons almal groot
Uitgeruk uit die moederskoot
Bly ek steeds jul kind
In jul liefde wat my bind


Vir my gebid toe dae moeilik raak
Geleer wat dit is wat regtig saak maak
Toe die trane oor jul wange rol
Trane van blydskap want jul gemoed is vol
Het ek geweet wat ouer liefde is
Hul is altyd daar – ja dis beslis!

My rebelsheid kon julle nooit keer
Kon nie verhoed die onvermydelike seer
My groot-mond stories moes julle verdra
Na toesprake luister sonder om te kla
Na my GROOT toeskoms drome luister
En bemoedigings deur die jare gefluister


En al maak die waarheid seer
Stel ek weer en weer teleur
Was jul altyd vir my daar
Het jul harte openbaar
En al word ons almal groot
Uitgeruk uit die moederskoot
Bly ek steeds jul kind
In jul liefde wat my bind



Mamma nou word ek groot
Ek kan nie meer sit op jou skoot
Dad ek gaan nog foute maak
Jy kan nie altyd oor my dade waak
Maar een ding kan jul seker weet
My ouers sal ek nooit kan verg


En al maak die waarheid seer
Stel ek weer en weer teleur
Was jul altyd vir my daar
Het jul harte openbaar
En al word ons almal groot
Uitgeruk uit die moederskoot
Bly ek steeds jul kind
In jul liefde wat my bind

Dankie ma
dankie pa
dat jul my steeds opdra
aan my hemelse PA.........



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar