Gedigte

Titel: Sonklong
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



jou wilger lyf trek hemp-uit voor my (soos altyd)
sonder skaam oor jy witwys voor die son
jou skrefiesoë plooi en meng met jou frons en mond
se dun vermanings
min van jou wys teen windaf skadu's
tog wurg jy soos 'n nimmer bron van stysel in my krop

ek wou jou vandag ontklee vir oulaas
my vingers oor jou borskas se hol kamers streel (vir oulaas)
ek wou jou tokkelos (wat nou slap hang) weer voel kriewel
omdat jy my ken en ek jou akuut kon pols
ek wou vandag (vir oulaas) die gletsers van jou oë smelt
om jou blou te bottel en bêre vir my oudag
(my dae op pad na dood sonder jou)

jy rank oor my kop en my oor rus rakelings teen die deurklop
van jou hart
ek hoor jou ek hoor jou en ek voel jou vrees van binne bewe
en ek lief jou ek lief jou ek haat jou selfs meer
hier waar jou onderlyf se loom-tokkelos
my lende aan flarde skeur

jy word geitjie in die son, my klong
ek wou jou vandag vir ewig vrylaat om weer op warm klippe te bak
teen oorhang rotse van 'n sitrus berg
maar dit verg meer krag as wat ek dog as wat ek dog
straks los ek dit tot môre of tot anderdag se nag.


(18h22-15/10/2011)
© 2011 Almarie Truter



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

=)
weereens 'n prag werk Ammie.
9 jaar 3 maande 1 dag 13 ure oud


Sonklong....
Besonders vasgepen ammiemoon, hou veral van die herhaling in jou strofes, skep so die regte atmosfeer...intens en treffend!!!
9 jaar 3 maande 1 week 5 dae 5 ure oud


Sonklong
skitterend, so mooi
9 jaar 3 maande 1 week 6 dae 12 ure oud


Eks diep geslaan!
Wow! Jou gedig wat my nog die diepste getref het (en dis iets!). Jyt die herhaling uitstekend emnosioneel benut, meesteres!
9 jaar 3 maande 2 weke 16 ure oud


Son
Ammie,
Hierdie is werklik pragtig. Emosievol, hartseer en beskrywend.
9 jaar 3 maande 2 weke 17 ure oud


Sonklong
ek wou vandag (vir oulaas) die gletsers van jou oë smelt
om jou blou te bottel en bêre vir my oudag

Treffende/ontroerende beeld, met 'n stukkie raak alliterasie ["b" ... "b"...]

Verder, mooi aanwending van die poësie van seksualiteit [Hel! Watter aktiwiteit van die mens is so boordensvol van emosie wat iets grondigs van die menslike gees meedeel?]

Die lyflikheid van seks stel die dun, gevoelige grens vas van dit wat van my is, dit wat van "die ander" is en speel die misterieuse melodie van interpersonale dialoog met die mooiste denkbare passasies!

Jy beeld iets hiervan uit. Ek is beïndruk!
9 jaar 3 maande 2 weke 17 ure oud


Klong
Ken jy die versie van "skeur julle harte, nie julle klere nie..." Pragtig!
9 jaar 3 maande 2 weke 18 ure oud


Sonklong
Kan jy nou meer?
Never...
Dit is maar net
Weer
'n Almarie.
9 jaar 3 maande 2 weke 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog

deur Francis Gillieron

Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar