Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘n Warrelwind deur my gedagtes
torring en klou, laat my onthou
van die pyn en verloor in my gisters;
treiter my nou – ek moet onthou …

Trek almal nader, vanaand later:
“ek lief julle, elk en ieder –
sal nie ‘n ding wil verander!”
Armand, dankie my kind –
vir al die kere wat jy my so lekker laat lag!
Yolanda, dankie my kind –
dat jy altyd soveel meer gee as wat ek verwag!
Wynand, dankie my kind –
jy laat my weer glo in die drome van eendag …

Dis ‘n ou knop in my keel
en hy ken die traan in my oog,
pluk-pluk aan ‘n hart lank nie meer hard.
Dis ‘n bekende bewe in my lip –
sal die hees erken in my woord
wanneer ek vanaand gee uit my hart se hart.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

IN DIE AANSLAG OP DIE KLEUR VAN ONS VELLE VAL ONS BLOED OP DIE GROND

deur http://www.woes.co.za/

FIKTIEWE VERHAAL WAT DIE ONGELYKHEDE VAN ONS VERLEDE EN HEDE BLOOTLê.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar