Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



ek streel lig oor die duifgrys kasmier
van my aandskemer jas,
voel die bekende grein van nag se stil snak
teen dele van my lyf wat weinig bad in
sproetneus kreukels van die son

en ek wens ek kon jou snoer in die ragfyn draad
van my vrede
want ek weet jy weet dat seer universeel is
maar die hart gogel sy unieke rukkings teen
die broos verweer van selfverdediging

die ooreenkoms tussen jou en my is soms
skrikwekkend sigbaar in die glas weerkaatsing
van oogrimpels oor 'n wind-arm kaai

en kan ek raai dat ook jy by tye die
selfgekose swye wil breek van bloed wat
ongesiens vloei in agterstraat stege

ek weeg jou telkemale in die wisselskaal
van my hart
en het jou nog nooit te lig bevind nie.



© 2010 Almarie Truter



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Fokkit Meisiekind, Dis absolutely amazing.

"ek weeg jou telkemale in die wisselskaal
van my hart
en het jou nog nooit te lig bevind nie."
9 jaar 3 weke 4 dae 10 ure oud


'n Deernisvolle werk, ammiemoon; dié sag-oogkyk van verstaan sonder oordeel. 'n Pragwerk!
9 jaar 3 weke 4 dae 14 ure oud


So baie mooi! *sug*
9 jaar 3 weke 4 dae 15 ure oud


BRAVO
Dit is waar - Jy het 'n amazing talent!
Brilliant!
my gunsteling :
"voel die bekende grein van nag se stil snak
teen dele van my lyf wat weinig bad in
sproetneus kreukels van die son"

9 jaar 3 weke 4 dae 16 ure oud


Kyk, jy KAN skryf. Wil hierdie vers weer en weer en hardop lees. so mooi
9 jaar 3 weke 4 dae 19 ure oud


Dis pragtig, ammie....!
O, om een van jou verse vroegoggend te lees is soos om my siel skoon te spoel in jou Weskussee.
Nog 'n gunsteling.
9 jaar 3 weke 5 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar