Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



wit tafeldoek en bont servet
ek nooi jou na 'n tuinbanket
in die skadu van my koelteboom
die een waarin die kwikstert woon

my krismisroos blom rooi
my krismisroos blom blou
ek't 'n duisend madeliefies
en hul dans almal net vir jou

*

ek en jy begin 'n storie
ons altwee weet dis so
en terwyl ons pienk kolwyntjies eet
lees ek verhale in jou oë

*

my krismisroos blom blou
my krismisroos blom rooi
dis die weswind wat so speel-speel
'n lawwe draai om ons kom gooi

skink lemoensap, skink sjampanje
o, my aalwyn blom oranje
in hierdie lou dag se omraam
neem ons nou nuwe treë saam




C. Shaw
17 Januarie 2016



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
jammer,maar die vers werk net nie..daar kort gevoel en emosie.
dis so..sterile.
Klinies.
Pap.
and: as a matter of fact.
DIe vers het net geen siel nie.
(en jou werke het meestal altyd siel..).

my voorstel:Behou die:
ek en jy begin 'n storie
ons altwee weet dis so
en terwyl ons pienk kolwyntjies eet
lees ek verhale in jou oë


en gooi die res weg.
Dan begin jy oor.
4 jaar 1 maand 1 week 7 ure oud


Tuinbanket
Sjoe . . . ek is op pad. Soos 'n Huppelkind na jou heerlike tuinbanket!(Ek hoop ek is ook genooi?) ;)
4 jaar 1 maand 1 week 13 ure oud


Nuwe
'n Heeeeeerlike sing-gedig. Ek reken alweer dis een wat Sarah Theron moet sing! Dis pragtig Viooltjie!!
4 jaar 1 maand 1 week 21 ure oud


***
Lekker hieraan gelees, dankie, Carma -- jy weet net hoe!
4 jaar 1 maand 1 week 1 dag 1 uur oud


nuwe vriende
waow Carma mag maar dit is pragtig
4 jaar 1 maand 1 week 1 dag 13 ure oud


***
Geskryf na aanleiding van 'n uitdaging op 'n fb blad. Die tema is DIE VREUGDE VAN NUWE VRIENDSKAP
4 jaar 1 maand 1 week 1 dag 13 ure oud



DIE WIEL DRAAI

deur neels claasen

Die skrywer se vierde spoorwegroman uit die stoomera uit waarin hierdie dae weer herleef word



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar