Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende





sou ooit die noordebries jou rigting suid stuur
soos vir 'n Dias of soos vir Magellaan
volg dan net die koue Benguela
en strome wat al langs skedelkuste baan

kom bolseil oor die oseaan se waters
met maste wat aan hemelwolke skraap
kom skadubeeld teen sonsak in die weste
en vind die see se roete na die Kaap

sy wag reeds aan die voete van die blou berg
en wyl skemerwinde deur haar lang los hare wuif
string sy klein witte skulpies tot 'n halssnoer
vly haar bont rok om die rondings van haar lyf

uit haar wingerd pluk sy trosse goue druiwe
haar hanepoot word die soetste, soetste wyn

laat sak jou skip se ankers in haar hawe
en win haar hart
soos Romeo of Valentyn




© C. Shaw
14 Februarie 2014



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

romeo
En vir oulaas n diamant vir jou vir hierdie een
1 jaar 4 maande 1 week 6 dae 1 uur oud


Oulaas
GvT
1 jaar 4 maande 1 week 6 dae 5 ure oud


:-)
Iets vir valentynsdag :-) vir oulaas
1 jaar 4 maande 1 week 6 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar