Gedigte

Titel: Soos Rose
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Soos rose
is die wynrooi mooi van jou gesig.
Inmekaar gevleg:
'n padkaart vol lewenslus.
Rondom jou oe en in die hoeke van jou mond
le die bewyse van skaterlag as kind
en geluk
in die vae glimlag van oud wees.
Aan jou hare skitter nou
die wysheid van 'n ouer mens
en aan jou voete
die loot van kruise dra.
Deur die rooi-bruin glans van herfs
tot aan die pynende pers vingers
weet jy dat die winder kom.
Jou gesiggie is steeds so mooi
soos die vroee oggend son.
Soos die rose wat sonder ophou
in jou hart se tuine blom.
Die verlange na 'n kindersang
en vertroosting in jou moeder se skoot
le oopgevlek in jou oe.
Blou soos die hemele.

Dan vererg ek my vir die skoonheid
wat die jare by jou kom vat het
en ek besef:
soos rose, my Oumoeder,
verlep ons almal mettertyd.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar