Gedigte

Titel: Spaarwiel
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is toe ʼn Spaarwiel
ʼn Pap spaarwiel
Jare al toegesluit
In die donker kattebak
Nooit vervang
Net vir in geval
Dog nou is ek
Nutteloos verklaar
Thread-loos
Voos
Ek het nie besef
Dat ek waardeloos is
Tot hy my gesê het nie
Want ek was knus toegesluit
Salig onbewus
In die kattebak
Van ʼn hoenderhok
Hy het ʼn nuwe motor
nou
Met nuwe wiele
Tyd om uitgegooi te word

Dalk
Dalk tel iemand my eendag op
Plant my hol kol vol pers en rooi en geel Gesiggies
Dalk word ek ʼn necklace
Omhels ek nog ʼn victim
Dans ons intiem die tango
In ʼn vlamme dans dood
Of iemand
sny my verder stukkend en maak Maparrangs
van my loop vlak wat nog bruikbaar is
En sal ek weer die warm teer onder velling voel
Wie weet
Miskien het ʼn uitgooi tyre tog ʼn doel ?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

s'wiel
Spaar het sy verskillende vorme maar het iets met bewaar te doen, verder vorentoe gaan hy wel benodig word..
4 jaar 6 maande 1 uur oud


tyre
Hopelik word dit vol vrolike gesiggies geplant :-) Goed geskryf
4 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 18 ure oud


:-)
Deesdae is hergebruik mos die modewoord, so die halfstukkende sal weer 'n ander doel kan dien.
Lekker gedig. Goed geskryf!
4 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 19 ure oud


:-)
Dankie Oom Sneeu
4 jaar 8 maande 4 weke 3 ure oud


Spaarwiel
Hoe springlewendig
Nuut
en heel oorspronklik
uit die boot uit!

Watwou uitgooi tyre
Hierrie is 'n
RE-THREAD!!
4 jaar 8 maande 4 weke 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar