Gedigte

Titel: Span saam:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Met ‘n hik en ‘n snik
gaan ons deur ‘n knik
sal ons die eindpaal haal
van woorde gestroop – kaal?

Moenie die briek aandraai
kyk gou op die Kaapse kaai
daar sal jy stories vind
op die wieke van die Suid-ooster wind.

Laat die woorde stroom
al om die papier se soom
sit jou pen op papier
laat los jou elke gier.

Moenie dat ons hierdie doellyn mis
dis dan so lekker woordedis
kom ons span nou saam
voor ons gly op die maan.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Maalkolk

deur Rachelle du Bois

Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar