Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Jy het stil-stil ons huis ingekom
Aanvanklik skaam en stom

Vir ons kinders word jy ’n ma
Wyl jou eie verlangend na jou vra
Vir ons vroue word jy ’n vriendin
Jou braak wysheid diep ontgin

Jy maak ons huise silwer skoon
Hoewel jy nie self een bewoon
Ons badkamers maak jy wit
Jou eie bad nog nooit besit

Jy was en stryk ons tonne klere sonder kla
Wyl jy dag na dag dieselfde dra
Jy maak ons nuwe skoene blink en mooi
Jou eie voete in stukkende tekkies getooi

Ons maaltye word met liefde berei
Onseker of jy môre te ete gaan kry
Ons huise word met ywer opgepas
Ongeërg dat jy nooit op vakansie was

Ons diepste dank en hulde aan jou
’n reuse bos blomme, rooi, geel en blou
Jy is baie spesiaal
Ons ander vrou



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

--
Ag nee man Trots! Moet jy 'n mens se keel so laat krap! Ai toggie, hierdie gedig van jou is darem maar so verskriklik mooi! Ons is net so erg oor ons ander vrou en sê ook nie altyd dankie wanneer ons moet nie.
6 jaar 11 maande 1 week 4 dae 23 ure oud


...
Knap gedaan!
7 jaar 10 maande 2 weke 5 dae 4 ure oud


Sommer net mooi oor dankbaarheid mooi is
7 jaar 10 maande 2 weke 5 dae 7 ure oud


ander vrou
Mooi verwoord. Ons aanvaar hulle net as vanselfsprekend, wat nie altyd reg laat geskied aan wat hulle werklik beteken nie.
7 jaar 10 maande 2 weke 5 dae 11 ure oud


Ander vrou
'n wonderlike ideë om so 'n mooi gedig te skryf oor iemand wat selde die erkenning kry wat haar toekom
7 jaar 10 maande 2 weke 5 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Susanna Maria Magdalena

    deur Lorelei

    Die lewensverhaal van n jongvrou wat gedryf word deur Stemme in haarself. Haar soeke na haarself en God asook n stryd tussen Lig en Duisternis.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar