Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die spieëlbeeld vasgevang in die kerslig se vlam,
wankellend in die wind se vlug,
weerkaats donker bruin oë wat na my staar -
Is dit wat ek sien, dan waar?

Geen emosie word gereflekteer
net donker modderpoelle
in erosie kontoere gemonteer
met skadu’s van die donderstorm
steeds hangend, steeds dreigend
sonder uitkoms, sonder vorm.

Gister se verdwaalde stofpad het die Siel verraai,
stofspore wankellend soos die kers se vlam,
oor rotsagtige heuwels met dorings besaai
deur die valleie van die dood
soms ‘n spoor net-net sigbaar
in die woestyn van nood

Sien ek tog ‘n lig weerkaats,
‘n sprankie hoop?
Kyk dan weer en vat net ‘n kans –
en sien ek dan Godsgena’
het my nog altyd deurgedra

‘n Voetpad kronkel in weiveld so groen
en al langs die helder waterstrome,
waar soete kinderlaggies
die donker weg soen,
word nuwe hoop gebore.

Dis donker bruin oë wat lag
met kleurspikkels wat dans
die lewe is opgesluit in vandag
met nog ‘n kans…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Spieelbeeld
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Spieëlbeeld / Refleksie projek
4 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 18 ure oud


Spieëlbeeld van die lewe
So kty ons elke dag weer kans om selfondersoek te doen.
4 jaar 10 maande 4 weke 3 ure oud


Hmmmmmmm
Goed geskryf.
Let net op die vingerfout: "wieveld", i.p.v. weiveld.
;-)
4 jaar 10 maande 4 weke 15 ure oud


lewe
joey hierdie gedig is stunning
4 jaar 10 maande 4 weke 21 ure oud


lewe
Besonderse rymgebruik. Mooi gepen.
4 jaar 10 maande 4 weke 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Mari

deur Rachelle du Bois

Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar