Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Mag ek spreek van ʼn smart wat nie versag
waar is die hoop van verligting vir my bestaan
in die hede wil kanker my energie kom uitput

jy het my hele menswees kom verwoes
ʼn aanskouing het ek geword vir my geliefdes
dit getuig openlik van die felle aanslag teen my

in toorn word my liggaam en siel verskeur
op my tande hoor die mens my gekners
met ʼn mond wat nie weet hoe om te vertroos

wil die mens die liggaam kom herkonstrueer
gons die chemie in en om my heen
dit splits die niere sonder verskoning

kanker werp die siel en geloof teen die grond
opnuut en onophoudelik breek dit in my
ʼn roukleed wil ek oor my geloof werp

my gesig het doodswit geword van geween
en oor my ooglede is daar ʼn doodskaduwee
maar God sal my die krag en reg verleen .

25/06/2015 om 22h15.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Splits
Ek en my gesin het vanaand jou gedig in die KANSA bundel " Brose Genade" gelees, dis puik en baie inspereerend. dankie.
3 jaar 10 maande 2 weke 5 dae 9 ure oud


Splits
Baie dankie vir hierdie pragtige bydrae tot die KANSA projek.
3 jaar 11 maande 3 weke 3 dae 18 ure oud


splits
Arnold ek wonder soms of al hierdie pyn en lyding die moeite werd is en of die pasiënt nie maar net n proefkonyn word nie. dit is maar my mening
3 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 2 ure oud


Splits die niere . . .
dis hoe erg hierdie siekte is!
3 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 2 ure oud


Splits
Ai dis 'n verskriklikheid! Die hoop en vertroosting is in die heel laaste reel.
3 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 11 ure oud


Split
...Maar God sal...... Dit se alles. Slegs Hy kan ons hier deur dra.
3 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 21 ure oud


Split
Kanker bly 'n uitmergelende waarheid. Ek wonder soms wie kry die swaarste: die lyer of sy naasbestaandes?

Dit vertel die hele waarheid en dit maak seer om iemand te sien ly.

3 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 21 ure oud


Splits
Baie moeilike situasie vir enige iemand om in te wees. Daar is net een werklike oplossing en dit is geloof. Dit leer 'n mens sekerlik ook om die ander waardes van die lewe ernstiger op te neem.
3 jaar 11 maande 3 weke 6 dae oud


verskoning
diep gedig
3 jaar 11 maande 3 weke 6 dae oud


verskoning
diep gedig
3 jaar 11 maande 3 weke 6 dae oud


kanker
Baie goed, Arnold. Ek dink dit is hoe mens voel as jy in hierdie situasie is.
3 jaar 11 maande 3 weke 6 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar