Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het vir Jan uitgedaag om 'n soortgelyke gedig te skryf. Hy kry net sy klitsers en goeters bymekaar dan sal sy gedig seker so deur die naweek verskyn. Hier is solank myne.


stadig beweeg my rekenaarwyser
oor Forum se onderwerpe
iewers is hier fout
‘n koue rilling gaan deur my

alles is stil
geen kommentare iewers
gelos vir einigeen nie
net die oues van gister

waar is almal dan vandag
so tussen die gange
elke titel en onderwerp
voel ek dit aan

hier wandel ‘n spook
maar wie sou dit wees
nie Jan of Ano is hier
is dit dalk een van hul

‘n sug van verligting
Jan laat ‘n boodskap
vrolik en opgewek
soos net hy kan wees

maar Ano kort
dan moet dit dalk net sy wees
ons eie spook
op Forum

nee dit kan nie wees nie
Elizabeth kort ook
sy kon ook
verander het in ‘n spook

ek skud my liggaam reg
hoekom sal ‘n ou spokie my nou laat skrik
vinnig beweeg ek my rekenaarwyser
verjaag alle spoke op Forum

pen elke onderwerp vas
laat boodskappe
maak grappiies
dan – weg is my boodskappe

©ANS BOTHA




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

spook
Ek het hom uit 'n ander hoek benader Ans. Vir jou 'n e-pos gestuur. As jy dink dis goed so, plaas hom asb.namens my. Sukkel weer met die seine en goeters hier.
4 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 9 ure oud


spook
solank julle hom net daar hou, haha.
4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 13 ure oud


spook
solank julle hom net daar hou, haha.
4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 13 ure oud


spook
Die een ou spook was vet en die ander ou spook was maer. Hulle sit daar in die kerkhof en raas al te naar
4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 15 ure oud


spook
kostelik Ans.. ja ek is ook skuldig ek kom nooit op Forum nie
4 jaar 10 maande 3 weke 3 dae 3 ure oud


Spook
En het ons nie al gespook met die spook nie? Wonder of dit nie Carol se spook is wat da ronddwaal nie hehehe
4 jaar 10 maande 3 weke 3 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Mari

deur Rachelle du Bois

Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar