Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

sprakeloos

sonder woorde
hierdie diepe respek
waarvan my hart borrel

in jou teenwoordigheid
staan ek nederig
kind onskuldig

sprakeloos

hierdie liefde wat jy saai
is die vreugde wat binne ons groei
die vrugte wat ma nou pluk

met trane oor die wange
soms gevul met hartseer
meestal gevul met dankbaarheid

sprakeloos

ma het die gras geplant
oor die rowwe klip paadjies
sodat ons lewenspaaie sag kan wees

ons menswees
soos 'n stuk klei oor en oor gebrei
sodat ons ontvanklik kan wees vir die Pottebakker

spraakeloos

selfs die donkerste tonnel
helder op met ma se glimlag
en die warm drukkies verjaag 'n wintersnag

ma wat altyd weet om daar te wees
op die regte tyd en plek
altyd wagtend daar

sprakeloos

tog borrel my hart
woorde oor my lippe
van liefde,verwondering en respek

vir hierdie vrou
die een wat ons mamma en ouma noem
sprakeloos staan ek in u teenwoordigheid



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Lelani

    deur Rachelle du Bois

    Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar