Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Sondag op Springbok
kry ek slegte tyding...
van jou lyding in 'n Kanker Tronk
klouend aan 'n laaste vonk.

Waar ek sit op die stoep
met 'n oorvol gemoed
soek ek rede om te smoor
aan krete wat in die verte verloor.

Met 'n knapsak vol trane
vind my spore 'n voetpad
teen die yl getakte kop
hier agter die huis
wat dorp toe wys.

Gaan sit ek teen sy kruin
en kyk, totdat kyk verdwyn
tussen silhoeëtte van water -
kokerboom en graniet
en die wortel van verdriet.

Pluk ek 'n droë takkie
uit sy terminale dors
en breek sy skof
voordat trane plof-in-die-stof.

Verbrysel die orige lewe
van stok...
en laat dit asemloos vlok
tussen skrede en dood.

Rolbos die niks
op wind se kind
en los my blind
vir die laaste lig
van asem...
in finale vlug.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar