Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Jy wat manel dra,
ek lag vir jou in my hand
as jy so sukkel om bo te bly,
met vlerke wat wild swaai en
‘n stertjie wat wikkel
van kant tot kant.

Met daai stomp bek
gryp jy vashou plek
en ek is verbaas dat jy
so lank bo kan bly.

Vroulief sit gedwee en staar
na die velde tot wie weet waar.
Sy is gládnie verwonner nie
as jy sommer net so áf donner nie.

As jy opspring en voor haar kom staan,
skud jy daai vlerke wel gedaan.
Dan gooi ek my kop agteroor en lág.
Nou kan ons net wag vir die nageslag.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Skerp.
10 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 22 ure oud


hehehe... baie oulik
10 jaar 7 maande 1 week oud


Brava! PM; jy is wonderlik!

R :-)
10 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 13 ure oud


Stunning, dankie tog ek jou raak gelees, hier kom 'n lang lekker kuier deur jou werk"
10 jaar 8 maande 4 weke 1 dag oud


Nou eers op die juweeltjie afgekom van voël geniet.:}
10 jaar 9 maande 3 weke 4 dae oud


Goeie gedig.
Mooi geskryf!
11 jaar 1 maand 3 dae 15 ure oud


Het weer vir hierdie een van jou kom kuier, en is maar net weer verbaas oor jou ontsettende reguit styl en raakwoorde. Mal oor die beeldspraak
11 jaar 1 maand 2 weke 1 dag 10 ure oud


sTUnnING gedig PM
11 jaar 1 maand 4 weke 1 dag 13 ure oud


HIERDIE EEN IS N WENNER ,KAPOK HAANTJIE OP SY STOK....
11 jaar 2 maande 6 dae 13 ure oud


Spykerkaskenades
Die ou met die manel klink vir my altevol haantjie tussen die henne, ek het die een geniet. Baie oulik.
11 jaar 2 maande 1 week 6 dae 13 ure oud


So pragtig lewendig beskryf. Baie mooi!
11 jaar 2 maande 2 weke 1 dag oud


Hehee. Gits Frits kan ek waag om te se tipies man met die vlerkies wat spog daarna?
11 jaar 2 maande 2 weke 2 dae 14 ure oud


spykerkaskenades
Ag dis pragtig ek het dit regtig geniet. Hou so aan
Mooi bly
Bokmakierie
11 jaar 2 maande 2 weke 3 dae 15 ure oud


Ai, wat 'n oulike prentjie - pragtig geskryf!
11 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 15 ure oud


Skerp....en fyn waarneming!!
11 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 15 ure oud


Laat weet maar as jy ouma word, dan stuur ek 'n sakkie saad vir die kleingoed!
11 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 15 ure oud


Hehehe...dit is baie oulik en vernuftig geskryf!! Jou titel so gepas en jou woorde speel lekker oor hierdie kaskenade prentjie!! Baie goed en het dit geniet!
Gypsy groete
11 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 18 ure oud


Hehehe...dit is baie oulik en vernuftig geskryf!! Jou titel so gepas en jou woorde speel lekker oor hierdie kaskenade prentjie!! Baie goed en het dit geniet!
Gypsy groete
11 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 18 ure oud


Oulike gedig! Baie mooi geskryf. Uit iets so moois kom nuwe lewe
11 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 22 ure oud


Ek is mal oor jou titel van jou gedig. Net 'n slim ou kon dit uitgedink het. Mal oor die gedig, dit sit 'n smile op my gesig.
11 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 23 ure oud


PM, dis nou goeie waarneming. kostelik geskryf.
a.
11 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 23 ure oud


Ek het die ene geniet! Dit was so oulik beskryf.
11 jaar 2 maande 2 weke 6 dae oud


spyker
soooo cute..m
11 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Mari

deur Rachelle du Bois

Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar