Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Verplig om jou standaarde te verander
Demokraties ons land, so sê ander
Mense wat wil werk word aangerand
Unies sweep lede verder op in ons land
Kinders wat oproerig raak
Mekaar, self grootmense seermaak
Waar kom daardie kind daaraan,
om geweldadig vir sy regte op te staan
Demokrasie is net `n woord,
maar mag en geld veroorsaak dood
Kyk na ons land en oordeel self
Is ons eerlikwaar onder demokrasie gewelf?

Ek sien dat siekes nood moet ly
Dat kinders nie onderrig kry
Ek sien armes op straat
Werkende mense wat weke staak
Is daar dan geen pligsbesef
of het laksheid ons getref
Ek sien mense wat opstaan
Buite orde en vêr van `n luisterbestaan
Luister dan na meer as die persentasie
Verhoging beteken ook `n huis en medikasie
Sien die groter prentjie raak
Moenie vir almal die lewe moeilik maak




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Sielswoorde

deur Driekie Grobler

Voedsel vir siel - 20 Christelik-geinspireerde gedigte voorgedra deur Jana Swart.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar