Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Klang, klang, Oyez! Klang, klang, Oyez!
Klangelang, klangelang, Oyez, Oyez, Oyez!!
Deur keistrate stap ek dag na dag
Keel droog, arms lam, voete seer
As aangestelde, my grootste eer
Koning se Woord verkondig met gesag

Klang, klang, Oyez!
Die Boodskap is Majestueus
Slaan ag, o stadsbewoners, daar’s ‘n stryd te stry
Koning benodig ieder en elk om ons te bevry
Wie ore het, laat hom hoor, wie oë het, laat hom sien
Ons grootste, enigste roeping – om Hom te dien

Voor jóu deur ridder, lig ek my klok nou huiwerig, bang
Gepantser in oorlogsdrag, maliekolder styf om ore gespan
Storm jy meestal uit met wild kappende Langswaard
Voete stewig geplant, skours fier, lem op my lewensaar
Rammel-stotter ek die Boodskap uit in monoloog
En vlug dan vervaard voor pyle uit jou boog

Ja, soms lok-nooi jy my vriendelik nader
Luister kamma-aandagtig na my geskater
Nou, nóú wéét ek jy het die Boodskap gehoor
Gaan jou wapentuig opneem, ons lei na oorwinningskoor
Maar nee, jy draai stadig om, terug tussen jou vier mure
Klap die deur toe in my gesig, besig jouself met ander take

Een jaar in en een jaar uit – dieselfde ritueel
Soms is ek meer braaf, soms met hartklop in keel
Van energie en tyd gedreineer, glo ek tog nog aan wonders
My fokus op jou, die Boodskap verlore vir res van inwoners
Bereid om te offer – vir wat Hy vra, sal ek lewe, sal ek sterwe
Maar jy’t geweeg en my te lig bevind vir ‘n taak so verhewe

Nogsteeds stap ek verby – op ‘n wyer sirkelbaan
My missie, die Boodskap móet jy kry en ag op slaan
Selfs op ‘n afstand sien ek jou swaard omhoog
Dalk...net dalk...eendag...uit die hoek van my oog
Gewaar ek jou in volle pantserkleed en Langswaard
Nie meer op my gerig - gereed vir Stryd teen die kwaad

Tot dan.....slaan ek nou maar eers die Boodskap hier vas
En Glo en Hoop dat jy sal kom lees!




********************************************



History of Town Criers

Town Criers, by other names, for example Bellmen, can date themselves back to ancient Greek and Roman times. In those days, criers would tell the news and local events in the marketplaces.

In medieval times, it was not unusual for most people to be illiterate. Nobility had their personal heralds, who announced proclamations and laws and had the special task of memorizing all the coats of arms of everyone in the kingdom, so that they could tell who was present just by looking at their shield.

Up until the late 19th century, illiteracy was still rampant. Town Criers cried the news to all and sundry, and then would nail the paper it was written on to a post in front of an inn so those that were able to read could read it for themselves (hence the term, "to post a notice"). Town Criers, as heralds were before them, were considered to be sacrosanct. An assault on a Town Crier was regarded as a treasonous act, as the Crier spoke with the voice of the King.

So when you hear the bell ring, and hear the ancient call of, "Oyez, Oyez, Oyez!" pay attention. The Town Crier just may have something to say!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jou/ons Boodskap
is inderdaad een wat nie geïgnoreer kan word nie.
8 jaar 1 dag 4 ure oud


onderwerpe
Ek geniet jou skryfstyl. Ek sou wel wou sien hoe jy meer ''onaangename'' temas aanpak. Prys- en lof gedigte is oulik, maar die newels van die menslike konteks bied n ruimte wat die siel byna uitmekaar uit kan skeur. Ek haal graag n stukkie uit Wessel Pretorius se bundel, My Selfoon Is In My Hand aan: ''In order to write I need to tear up my life... I have heard what the talkers are talking. Of the beginning and of the end. I do not talk of the beginning or the end.''

Anyhoo. Mooi bly
8 jaar 2 dae 14 ure oud


Stadsomroepster
'n Fantastiese stuk werk, en inspirerend!
8 jaar 2 weke 5 dae 12 ure oud


maliekolder
juwele van maliekolder
’n Werksessie oor maliekolder (gevlegte metaalringetjies) word Saterdag 29 Januarie van 09:30 tot 12:30 deur Norma Kemp aangebied. Maak juwele met ’n verskil. Met maliekolder is dit maklik om moderne juwele op te tower.

Dankie, Kalaharikind, ek het iets nuuts geleer.

LAAT JOU LIG SKYN

maar

MOET NIE PERELS VIR VARKE GOOI NIE

Net Yisrael eet nie vark nie.

Al die ander nasies het Satan gekry om te aanbid.
8 jaar 3 weke 2 dae 17 ure oud


Dis nou verfrissend Kalaharikind! Doe so voort. (Ek het nou laaste tyd op 'n paar ongepoetste mense se wonderlike gedigte afgekom, ja hulle kan dig, maar vir 'n bekeerde siel darem net te kras gestel. Dit tref jou soos 'n hamer, maar laat 'n wrang smaak agter.)
9 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 6 ure oud


Pragtig verwoord.Pak die stryd aan.Ek hou hiervan.
9 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Weerloos

deur Maangodin

Eroties Afrikaans - sodat ons in ons eie taal geprikkel kan word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar