Weergawe: 1
Aantal woorde: 68
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 18 May 2010
gooi ek ’n slungel wind-af
verby die sinkputte en die bloekombos
en Oom Mostert se garage.
Oom Mostert is skoensole onder ’n kar.
Oom Mostert, Lida se pa.
Elke oggend borsel Lida se ma
haar kinders se tande
met ’n strepie Kolynos
en was hulle hande
oor die ghriesbespatte wasbak
met die verlepte varing
in die venster.
So ’n sorgsame gebaar
wat moet opmaak vir als...
Lees ander gedigte deur Karlien van der Merwe
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Piet Schoombie
Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.