Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sy onthou dit só:
`n sinkende skip en`n hand wat dein
en in die flikker van lamplig `n takbok met skerwe Landseer-oë;
afdrukke teen die blompatroon van `n oumens-spens met `n deurgee-venster.
Jakkals is op die agterstoep met sy trompie en probeer `n nuwe wysie
op `n ou-ou maat
waarvan die seer nie skietgee nie.
Vaak prikkel in die perskedons op haar voorarms en vlegsels.
As die kind haar oë net `n oomblik langer kon oophou,
sou sy dit alles kon vashou.
Met haar spoegvinger sou sy die blompatroon in die rooshoutstoel
oor en oor kon loop.
Eindelik sou die donker alles inswelg totdat net dít bly;
hande op `n tafelkleed
sagte saampraat
brille wat blinkigheid maak
lamppatrone teen canfruit bottels

Vandag waag die kindmens die wens:

Om onder die knipper van gebreekte ren-oë en lamppit- roet
haar wang op die gekraakte OK kleedjie in warm kwyl te rus.

Karlien van der Merwe.

(* Landseer-- `n skilder wat diere met sterwende mense-oë op doek kon sit.)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jy skryf my sprakeloos. Puik!
11 jaar 2 maande 3 weke 2 dae 14 ure oud


Baie goed!
11 jaar 4 maande 6 dae 11 ure oud


Met baie deernis geskryf - hou hiervan!
11 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 14 ure oud


Ongelooflik goed en vars geskryf.
11 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 11 ure oud


Briljant, Karlien! Jy vang die beelde ongelooflik goed vas.
11 jaar 7 maande 3 weke 6 dae 18 ure oud


VAN JOU TITEL,TOT JOU INHOUD,IS HIERDIE NIE DIE 'GEWONE' NIE....LEKKER OM n GEDIG TE LEES WAT VARS 'ANDERS' IS.
BAIE GOED GEDOEN!
11 jaar 7 maande 4 weke 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Botes Stamregister en Kwartierstaat

deur Willie Botes

Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar