Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Sterrehemel lê oopgevlek oor Maasstroom
soos n ontploffing
in n Karringmelk fabriek
Dis n moer alleen plek
met moer alleen sterre
n Uitspansel van verlatenheid
nie n plek waar n mens so wou doodgaan op jou eie nie

My hart lê oopgevlek
hier op Maasstroom
soos n ontploffing
n outopsie
van n aluminium robot in die donker
n moer alleen hart
ge-splatter tot glitter
n Uitspansel van vergetelheid
nie n plek waar n mens sou wou lewe op jou eie nie

My menswees lê oopgevlek hier op Maasstroom
soos n ontploffing
my mens wees skerwe, versplinterde blinkgoed
opgehang in die hemel
blink, vir display
maar net soos die Melkweg

raak ek Weg



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Melkweg
WAAUW!

Uitstekende werk!

(Baie jammer oor die stukkend-wees.)
4 jaar 8 maande 4 dae 1 uur oud


sterre
Great gedig, so heeltemal anders :-) Baie goeie werk!
4 jaar 8 maande 4 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

Die foto van my boek wys nie op die advertensie wat julle geplaas het nie, kan julle dit asb vervang met hierdie foto. Baie dankie :)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar