Gedigte

Titel: Stof
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

siel geskend en geskraap
lewenslus en gretig
doel bewus rooi vlae vermy
want daar is liefde

seerkry raak n stokperdjie
en afbreek ‘n gewoonte
sand man slaap bly kleef
dit is egter waar ons tyd wil spandeer
drome maak gesond

nerf af
knee geskraap
is kruip die begin
van weer leer loop

afkyk en hoof gebuig
is daar net plek vir oë om te styg
visie verplaas na ‘n nuwe horison
die einde van nog ‘n lewens seisoen


opgetel van die stof;
die einste van ons samestelling
skouers breër en sterker
les geleer en geen seer;
soos die eerste keer

‘n punt ryker
‘n komma punt armer;
dis slegs 'n tydelike nagedagte
en ‘n punt slyt af.

verlig
versoen
verryk
verander


betekenislose herinneringe
word bordkryt stof
van stof tot stof
als vergaan;
die keer bly ‘n sterker siel staan.

-RBB-



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar