Gedigte

Titel: Stokkie
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende




Jy het ñ
s
t
o
k
k
i
e
gesteek
voor my en jou

jy gaan eendag
met iemand anders trou .

Ek wens ek kon
ñ

g      t
n            r
i            o
r     u

aan jou vinger
steek


( 12/06/2009 12h12 )



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Stokkie

Dit is nou mos inderdaad innoverend en verfrissend!
Skerp Ouboet, skerp.

(En selfs die stokkie vir 'n ring is mos 'n bakgat uitruil, dan nie?)
4 jaar 10 maande 1 week 5 dae 16 ure oud


Trouring . . .
baie oorspronklik gedoen!
4 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 16 ure oud


Stokkie
Wense, drome, gedagtes, alles ingeprent in ons geheue.
4 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 17 ure oud


Stokkie
Tipies jy!
4 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 21 ure oud


Stokkie
Jip, baie keatief, net sois Rudi kan!
4 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 1 uur oud


Ongering
Jou tipografiese virtuositeit het hier tot werklik kunstige uiting gekom.
4 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 1 uur oud


:-)
Besonders, kreatief en nog kunstig ook. Hou hiervan.
7 jaar 2 weke 1 dag 20 ure oud


ring
Sjoe, nes jy alleen kan....ha!!
7 jaar 3 weke 2 dae 16 ure oud


Stokkie
'n Ander manier van skryf. Oulik gedoen.
7 jaar 3 weke 4 dae 17 ure oud


oulik
Wil nie weet hoe lank dit jou geneem het om die tipografie reg te kry nie. Veral met die spoeg & plak na die webwerf.

Hulle seg mos 'n ring maak nie 'n gat toe nie ...
7 jaar 3 weke 4 dae 21 ure oud


...
Smile.
Oulik my liefie-skat.
En oorspronklik en kreatief (soos jy mos maar is).
Dat so brein nou moet vrot eendag ...
xxx
7 jaar 3 weke 5 dae 1 uur oud


.
Dis nou oulik gedoen
7 jaar 3 weke 5 dae 1 uur oud


...
Vreeslik oulik!
8 jaar 6 maande 1 week 5 dae 20 ure oud


Jammer....
Dis te laat nê!
8 jaar 6 maande 2 weke 23 ure oud


Stokkie
OK OK wat gaan jy nog als regkry?
8 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 15 ure oud


stokkie
baie kreatief!!!
8 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 2 ure oud


=)
baie oulike beeldversie..hartseer dat daar 'n stokkie voor gesteek moes word terwyl die ander persoon hunker om te trou - ek hou van die kontras.oulik nes jy is rudi...
8 jaar 6 maande 2 weke 4 dae 22 ure oud


Stokkie
ag hoe absurt
jy wil met my trou
en ek moet dit met
'n stokkie op hou

Ek is nie dwaas
sien die ringetjie
van rook wat jy
uit jou sigaret blaas

ek loop
los jou onner
hierrie ou boom
gaan aan
droom jou droom
8 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 7 ure oud


Stokkie
Oulik, Rudi!
8 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 12 ure oud


sjoe!
dis nou nogal rerig spesiaal...en tog is dit vreeslike hartseer wat verwoord is.
8 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 14 ure oud


Stokkie
Dis heerlik kreatief !
10 jaar 8 maande 1 week 4 dae oud


Ek hou nogal van die manier wat jou woorde so lekker prentjie-lees...en dan is daar nog die werklike "sinsbou".

Baie goed
10 jaar 8 maande 1 week 6 dae 20 ure oud


Wow. . .. .great gedoen!
10 jaar 8 maande 1 week 6 dae 22 ure oud



Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Bundel vol inspirasie en lewenswysheid, lief en leed, maar ook lewenslesse wat ons daagliks ervaar en leer. 'n Saamlag, saamhuil en saamstap-bundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar