Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Asof met woede word sy lyf styf
as die stom gees hom aangryp,
skuim in die mond kners hy tande
en val op grond met stuiptrekkings.

Met 'n geskreeu van die onreine gees
wat hom tartend vasgryp in sy greep
word hy oorval deur bewusteloosheid
vol verwronge beelde wat woes dans.

Hy word soos 'n dooie in die gees,
in die vuur van die hel is sy lyding
en stukkend geskeur lê hy verward,
magteloos vasgevang in die stryd.

Totdat Jesus sy hand gryp met liefde
en in genade, hy is verlore in homself,
vasgevang in 'n vergete gevangenis
waar stomme dowe geeste hom martel.

Onbekend aan homself ontwaak hy
verdwaald in 'n wêreld gevul met pyn
waar begrip onmoontlik kan bestaan,
op soek na die siel wat sy wese was.

01/09/2015 © C. du Plessis

Markus 9:17 - 29
En Hy sê vir hulle: Hierdie geslag kan deur niks
anders uitgaan as deur gebed en vas nie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Stomme
Jy beskryf die gebeure en gevolge uitstekend!
4 jaar 1 week 6 dae 8 ure oud


gees
2000 duisend bose geeste, en besete kap hy homself met klippe stukkend. Die verhaal so puik gepen Casper, wat sou ons tog sonder Jesus doen?
4 jaar 2 weke 6 ure oud


gees
Die gebeure goed vasgevang, Casper :-)
4 jaar 2 weke 19 ure oud


gees
Treffende werk
4 jaar 2 weke 1 dag 3 ure oud


stomme gees
PUIK gepen... en ja daar is slegs oorwinning en beskerming deur Hom wat ons dra
4 jaar 2 weke 1 dag 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Buffelshoek se nuwe stasiemeester

deur neels claasen

n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar