Gedigte

Titel: Storieman
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Storieman, Storieman, waar is jy?
Die Van Rooyens staan en wag hier op 'n ry
om te hoor waar het hulle stamvader nou eintlik gebly
en vir oulaas die storie te hoor van die die mot en die by

Storieman, Storieman, waar is jy?
Job maak amok en Johannes kry ook stry
oor groot doop en klein doop en watter kos ons moet vermy
terwyl Saggeus skaterend lag bo in die adamvy

Storieman, Storieman, waar is jy?
vertel jy vir Adam hoe het die camel horse sy naam gekry
en vir Jakob hoe boontjiesop sonder lensies kan gedy
sit jy en Dawid note en uitruil
of luister jy hoe tienduisend hallelujas die Een verhef
wat jou eens en vir altyd van aardse stof kom bevry

(Vir Oupa)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Storieman


Vrek oulik, sou ek dag. En ek glo eerlik Oupa ook!
4 jaar 3 maande 2 weke 5 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar