Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

SONDAG ... LAATMIDDAG, (Saam met Vader in “My-VallIei-van-bloed-en-bene”)
‘n Huis gebou met rebellie
op fondasie van verwerping....
tog maak ek my eie keuses
kruppel, lam en onvoldoende
beur ek deur die lewe en my sonde
Witgepleisterde mure
verskuilde krake en barse
ek beur voort
worstel, val en opstaan
om van voor af weer aan te gaan
Voetpad vol tolbos
put sonder water
ek versmoor
tien tree vorentoe en sewe kwyn
eind’loos eensaam, my eie, private pyn.
Kruispad in die donker
HERE...?
slaan die bliksem-lig
DANKIE...?
Breukdeel van die Ewigheid
ek is los, word bevry, raak heel!,

HY
(... verstaan?) JA
wat sondeloos in sonde kom sterf het,
wat Liefde is, en Iiefdeloosheid kom deurlééf het,
wat Alomteenwoordig is, en nogtans die ergste
eensaamheid ooit:
‘My God, My God...’
gesmaak bet..
HY
(...het my lief?) JA
Hy kom my tegemoet daar waar ek ‘n ontmoeting kan hanteer...
alleen in my diep-donker-binne-kamer
skil Hy af, my laag-op-laag selfbeskerming
- ook weerstand en trots -
tot ons by die kern kan kom...
daar waar ek - berouvol - kon pleit,
...na al die
“HERE, met my wil vergewe ek....”
...en
“Vader, vergewe tog vir my....”
...tot by
“...en O ja, my HERE, vergewe tog ook maar vir...” -9 April 19-hoeveel? --

---ooo000ooo---

Skaakmat
ek lê plat en djy loep ve’by...???
wonne’ of djy lékka’ kry
my bloed oo’tapping kom te laat
... of hoe dink djy???

kierie-kierie in die bos
my gammat soek da’ kos
ma’ djy’t my lankal ytgelos????

groete van hys-tot-hys
ek soek te lank al na my kys
en hy roep my nog meis’ ???

die dag briek
my kop is sijeer
my hart bly stukkend
ek het woes verdwaal
my lyf het ‘n kwaal
ma’ my wil wìl aanhou
soes die simpel koei se herkou -14/15 februarie 1995
---ooo000ooo---

jare-in-seisoen-flitse
“Liewe Jesus ek is klein,
maak my hartjie rein...”

My God, hoe kon U my ook verlaat?
Ons verpoeier mekaar in hierdie onbillike driehoek
hersenskimme met kloue
en koue oë
sonner arms
ons pleeg karaktermoord
sonner ophou
en breek elke gebod
sommer so sonner weet
Ontvlugtend speel ... gewaande huis-huis
ma, pa, kinders inkluis
“onderstebo en agterstevoor”
sing dieselfde koor
oor en oor
so sonder woorde mekaar te vervloek
***
tyd---
kronologies afgetik
van hormone en boordensvol leegwees
ruk rebellie die kaartehuis in duie
***
Eeue later het God self die aardse naelstring met Sy heilige,
verblindende bliksemstraal geknip
die binding gebreek -
tronkdeure is oopgeruk
totale vergiffenis het HY ge-inisieer-geaktiveer-volbring
***
Lank na die vrywording bot genesing van die wonde tog
- toe dit al amper nag was-
kom verlig die fakkel van God die donker bruggie
oor die wye afstand tussen die twee vroue:
Here, maak my voete gewillig om oor te loop
uit te reik na die koue bors,
(ek-kan-nie-self-nie-HERE!)
maar gehoorsaamheid
in U treë... net tree vir tree te volg...
U Naam te eer....
U hart bietjie bly te maak?
net U offer te verheerlik! -Maart 18, 1996
---ooo000ooo---

Donderdagnag- Vrydagoggend-en-Sondag-se-keerkring
my hart is smeltvuur ys
soos ‘n blaasvlam
soos batterysuur
die verwerping ruk deur die newels van n leeftyd se vergeet
gryp! - roep vergeefs terug na elf maande en ‘n koue bors -
genade-geskente-geloof my deel;
julle stryd is nie teen viees en bloed nie
daarom wees dan waaksaam...
ek drink my beker wat U vir my geskink het
ek prys U naam
ook in hierdie nag, Heer; laat leer U Hart tog my hart my te vergeef -14 Maart 1996 ps l6

---ooo000ooo---

skot se dorp - dans met die adder oor paasnaweek
sou julle dan nie gaan nie?
my kant sal ek bring
on speel mos alweer
die ewige “as jy... dan sal...”:
so snerpend finaal
die een teen die ander!
een tier en dreig
............ wil onttrek
die ander krimpeer en swyg
............... wil troos... om
in-duister-dalk-te-fluister
............... om aan die hak te byt!
stiltes wat donderslag-op-donderslag deur my slape skiet
“het julle nou al besluit?”

ONTREDDERING:
O God my God wat het van die troos geword!
Wanneer gaan ek leer
-teen die gif wat skelm oornag uitspruit myself te verweer?
die barspuntkoeël tref...
ruk alles aan flarde!
my beker loop oor die gal skree ten hemele die bloed loop taai deur my borskas ek sterf
Here!
gryp my ek val----------------
agterstevoor
deur my eie gekompliseerdheid
van elf maande af tot diep in die drie-en-vyftigste jaar -
my weereens te pletter...
my stukke lê orals oor
ek wil nie meer nie kan nie meer nie gaan nie meer nie wil nie meer nie kan nie meer nie
my flarde waai in alle windrigtings!!!

---ooo000ooo---

Mamma:
Die prys wat jy vir my betaal het was te duur
soos ‘n goedkoop artikel het ek nou gebreek
gooi my op die ashoop en vergeet
jy het my ooit die wêreld in gestoot
al was dit ‘n narkose-kuur
vergeet van my, mamma
ek is en was jou nie werd nie
---immers nooit volgens jou maatstaf nie
en ek wil nie meer probeer nie
ek’s nie meer te koop nie

---ooo000ooo---

Here, as ek dan hierin U gefaal het
vergewe my tog ter wille van Jesus wat verstaan
U weet waar, wanneer, ek toe al verdwaal het...
gekies om my kind tot moeder’ te maak
en so voortbestaan het.
ek het nou self gekies - gedwee
die naelstring se skaduwee uitgevee
my rug te keer
my anner self te verweer.... want
“wie vader of moeder of...”
met voete sonder stof:
my liefde en vrede en vreugde kry ek net van U
en keer ek net tot U -tot in ewigheid-Amen
en soos iemand wat deur sy moeder getroos word
so sal U my vertroos.... -dis genoeg- 15 maart 1996 jes 66:13

---ooo000ooo---

dit was aanhoudend nag in vyf-ses-en-negentig
... weereens totale verwerping – veragtend-versmagtend
self in die binnekring van die gesalfdes dit was aanhoudend nag
leeggetap en bloedloos afgeslag ...
weggedraai
weg van die sandsteen katedraal
die doolhof is verlate
‘n skimagtige gids het verdwyn
die dagbreek kom baie stil
die nag is verby

die duister ure sleep langsaam verby
klanke vermolm tot stom fluisteringe
gebare en monde vries buite my kringe
die gat in my borksas gaap bloedig die nag tegoemoet
totale verduistering van verstolde lewe
aan die einde van die duister uur...
finaal niks?
finaliteit kom...
eens EEN vir almal
eens EEN vir altyd
eens EEN vir ewig
vannag is die dag van pyn
ondeurdringbare afgesonderd
eensaamheid-in-isolasie
breek wanneer die oggend-skemer vaag verskyn

---ooo000ooo---

OPSTANDINGDAGBREEK!
agter my oë priem ‘n els spierwit lig
anderkant die doolhof sonder gids op die rand van die afgrond
word huiwerig ‘n eie handgebaar
die eerste vlinderslag
eie vlerke ontvou traag ... klammerig en taai
wat verby is kan nooit weer kom nie
elke dag is nuut
vergeet is deel van onthou
elke aand begin ons weer voor;
vasgelym aan die ry spore wat dof agtertoe glim,
en ook reeds vol fyn stof wag
om more weer nuwe spore gemaak te word
sirkel-in-‘n-sirkel platgetrap
een lang swart stippel-streep

“en na drie dae weer opgestaan het uit die dood”
sodat ons die lewe kan hê
en dit in oorvloed
gryp ons dit uit volle bors
sing sonder boek of note
bid met trane wat onbegrensd loskom
‘n leë skilpaddop, ‘n vlinder met brose vlerke... ‘en hulle sal een vlees wees” -17 maart 1996

---ooo000ooo---
in-sonde-ontvang-en-gebore
HERE-my-Here
moet ek dan telkens weer gebore word?
deur smart van vlees tot vlees
van Id se instink verby ego se skeidsiyn binne-in superego se beheer
(selfs Freud het drie-in-een verstaan?)

van maart worstel ons
weereens bene-oor-die-skouers...
arms-bo-oor-die-kop
versmorend-eensaam-vegtend-om’t lewe

dan in die julie-winter-kou
bot jasmyn die aankondiging uit:
deur genade..van voor die skepping...tot ewige lewe!

Ek lewe!
Deur U o Heer-Jesus
my Alter-ego gebore uit Ruach
aan vloekhout gekruisig ook my atlas-vlees
weet ek, ek is genees!
ek LEWE - Rhema het gekom!!! -15 julie 1996 ef 4.24
---ooo000ooo---

Dankie-Here
***
vir-die-put-gesprek
“Dis goed vir julle dat Ek weggaan
want Ek laat julle nie soos weeskinders agter nie...”
my genesing begin so ongesiens soos bevrugting
***
vir-die-man
maak hom my eerste anner-ek
want ons word gek
ons emosies sluit die hek
elk-in-sy-eie-plek
***
waak en bid en omgee en opgee.... oorhandig, selfs offer? -Is êrens in die somer van 1997



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar