Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Dis donker, dis nag en op die straat se hoek staan ek en wag,
ek wag, maar ek weet nie waarvoor ek wag nie,
daar is tog niemand wat my tog sal kom haal.
Ek smag na ‘n pappa en mamma wat my weer kan vashou en kan lief hê,
ek het niemand vir wie ek die lief vir jou woorde kan sê.
Elke aand is daar net vrees in my,
‘n vrees dat daar nie meer ‘n môre gaan wees.
Die wind waai erg en my maer lyfie bewe,
ek val amper om, dit voel of die lewe kwaad is vir my.
Ek gaan nogsteeds elke aand op my knieë
en sê dankie vir die kossies wat liewe Jesus vir my gee.

Die lewe is nog moeiliker vir ‘n straatkind as vir ‘n mens met ‘n huis,
ek sit en verlang na my ouers.
Die winde se gesuis laat my dink aan my pappa waneer hy lag,
ai , Jesus weet hoe verlang ek na hom dag na dag.
Pappa se woorde was nooit leeg,
kommerwekkend dink ek aan hul ongeluk op die N een,
en begin weer elke oomblik daarvan te beleef.

As ek net nog eendag saam pappa of mamma kon hê,
sal ek weer die woorde vind om te kon sê.
Ek is lief vir julle moet tog nie nou gaan,
ek is niks sonder julle nie,
wat gaan word van my pad vorentoe se bestaan.

En soos die traan van my maer benerige wangetjies af rol,
weet ek, ek is nogsteeds geseënd deur die Here,
wat elke dag kossies vir my gee.
Dis donker, dis nag,
en ek begin so bietjie vir bietjie die traantjies van my wangetjies af te vee.


©Kopiereg-Timothy De Vos Botha-Alle Regte Voorbehou



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Straatkind in die donker
Geluk Timmy met die plasing van jou gedig in die STRAATKINDBUNDEL. mense is geneig om straatkinders te veroordeel. In twee sinne het jy een van die redes uit gelig waarom kinders hulle self op straat kan bevind.

"kommerwekkend dink ek aan hul ongeluk op die N een,
en begin weer elke oomblik daarvan te beleef."

Daar is 60 gedigte wat ‘n straatkind se lewe getrou weergee, 60 skrywers wat die projek ondersteun. Baie dankie aan elkeen wat bygedra het. Die projek is ‘n inisiatief van die nie-winsgewende organisasie YOUNG WORLD EDUCARE wat die afgelope 15jaar betrokke is by straatkinders. 100 Digbundels word geborg deur VISIONART PUBLICATIONS, hulle is ook verantwoordelik vir die uitgee en verspreiding van die Straatkindbundel. Epos zuanne.marie@gmail.com vir meer inligting of whats app: 0745117942
4 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 20 ure oud


Straatkind in die donker...
Hierdie merkwaardige gedig is gekeur vir die Straatkinddigbundel wat bekend gestel is vroeer die jaar op 12 April maar vrygestel word in 2016 op Internationale straatkinddag. Bekende en nuwe skrywers se Afrikaanse straatkindgedigte word in die bundel saamgevat om bewusmaking in Suid Afrika te skep. Baie dankie aan Woes wat die projek ondersteun en wel deeglike erkenning sal ontvang. zuanne.marie@gmail.com
5 jaar 2 weke 4 dae 20 ure oud


Straatkind
Hartseer. mens gooi soms so maklik klippe sonder om die omstandighede te ken.
5 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 23 ure oud


straatkind in die donker
diepseer maar mooi gepen Timmie
5 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 3 ure oud


:-)
Timmie, mens kan sien jy het 'n sagte hart. En daar is niks mooier as 'n sagte hart nie :-)
5 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar