Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

neffens ‘n leë krip op sy kniee
vereelte hande gestrek na bo
wie ken dan die Here se weê
kan ons o God kan ons nog glo

dis dor en tolbos rol en waai
in stilte oor vlaktes so vol kaal
waar aasvoëls hoog bo draai
om gevalle skaap te kom haal

maar sekerder as twyfel se vrae
verander Hy stof in gietend reën
kom die Heer op Sy dag en dae
met strome van Goddelike seën

dankie God die natuur juig en sing
die boer met nat oë gerig na Bo
aan Hom wat hoor sy hulde bring
nou kan ons o Heer weer mildelik glo



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Strome
Mmm, die beelde is so helder en beskrywend.
2 jaar 11 maande 2 weke 4 dae 2 ure oud


strome
amen. lieflik gepen.
2 jaar 11 maande 2 weke 4 dae 5 ure oud


strome
Voortreflik inspirerend gepen.
2 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 6 ure oud


strome
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Water projek
2 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 2 ure oud


strome
Pragtig geskryf. Dit laat my dink aan 'n gesang . . .
2 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 6 ure oud


Strome van seën
Dit is 'n Gebed.

Baie goed gedoen mater
2 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar