Gedigte

Titel: S'tronk :
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Om vandag
Weer hier te sit
Nogsteeds
Dieselfde plek
Omring deur myself
Aura omkring
Vasgevang gebind
Diep gebonde
In my vryheid
My geloof
Van doen
Van spraak
Te veel wat ek wil
Te min wat ek kan
Die valse hoop
Die ware nou
Wat ek sou
Ingesneeu
So afhanklik
Van warmte
Van liefde
Koue waarhede
Sagte sneeuvlokkies
Op jou wegsmelt
Vlammende leuens
Tonge vuur
Na jou gryp
Onvolwasse bitterheid
Jou tong streel
Soete kennis
Jou krag gee
Vrymaak
Van jou vryheid

 

Die gedig gaan oor die dinge wat ander mense nie kan sien in ons nie..., nie weet van nie..., wat jou koggel elke dag,  jou in 'n tronk sit. Maar net jy kan jouself waarlik vrymaak van daai dinge wat jou gevange hou...! 
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar