Gedigte

Titel: STUKKEND
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


My hele lyf raak aan't bewe
as ek dink aan die storie van my lewe.
Hy het my uit die swart modder opgetel,
my alles wat ek wil weet en hoor vertel
Nooit geglo die seer sal my neervel
My hart, my siel, my alles het ek aan hom toevertrou
Aan elke woord, elke aanraking van hom het ek geklou
Die skerwe van my brokkies hart
het sy lemmetjies tong tot as verbrand
om weg te waai in die suid-ooster wind
waar niemand my alleen seer ooit sal vind
In 'n bondeltjie het ek myself toegevou
waar ek my geëelte hart probeer stil
en die nuwe wonde weereens rou.
My wange is nat getraan
en my lyf voel seer van die woord-geslaan
Trane wat proe na sout en bloed
Ek skrik wakker terwyl ek sy naam roep
Ek smeek dat hy my nie moet verder breek
en raak aan die slaap terwyl ek bid
ek moet wakker word met bitter haat
Maar ek weet ...
dat ek hom nooit sal vergeet.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sjoe, ek kan die seer omtrent voel...
Baie treffend!!!
10 jaar 6 maande 2 weke 2 ure oud


Stukkend
Hierdie is so eg, so waar, so eerlik. Ek weet ook dat die wonde en letsels net so eg, waar en seer is. Ek hoop jy is al op die punt waar jy hom en jouself vergewe het - Dit is die begin van 'n nuwe lewe. Jy verdien net die beste.
10 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 16 ure oud


poweful en rou en vol emosie.uitstekend verwoord.
10 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 10 ure oud


STUKKEND
sjoe ek hou van jou gedig. dit skep 'n prentjie en ek ken daai prentjie. dis erg as die donker mens so toepak. jou woorde vang my vas en ek dink aan my eie verlede
11 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 1 uur oud


Ek dink op daardie oomblik moes jy baie stukkend gevoel het, maar deur al die wind en die weer van die lewe kom mens sterkter daaruit. Jou werk getuig daarvan... Dankie,
Chantelle Holder
12 jaar 10 maande 2 weke 7 ure oud


Stukkend
Hierdie gawe van ons maak dit makliker om ons lewenservaringe te hanteer en te oorkom. Ek het n soortgelyke gedig op Ruff.co.za - Broken hearts- spesiaal vir n vriendin geskryf.
Sien die son sal altyd deurkom - dit bly nie vir altyd nag
13 jaar 3 maande 1 week 4 dae 14 ure oud


Stukkend
Dis soveel seerde om oor die tyd van die jaar seer te he. Ek dink jou gedig omskryf die gevoel van baie mense in die tyd.Hoop die nuwe jaar deel vir almal wat so voel band-aid pleisters uit, veral vir jou. Baie mooi.
13 jaar 5 maande 3 dae 15 ure oud


Tis
Jou gedig is regtig treffend. Ek dink ek weet hoe jy gevoel het toe jy dit geskryf het. Ek was ook daar. Het lewendig anderkant uitgestap, met letsels natuurlik, maar ten minste gaan dit elke dag beter. Ek wens jou dieselfde toe. Hoop eintlik teen die tyd wat jy hier lees, het 'n blommetjie spesiaal vir jou gesmile. Hoop jy het 'n geseënde Kersfees vol vrede en liefde. Tis
13 jaar 5 maande 1 week 5 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :
Pyn

Van ons ander lede

Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar