Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

jy is so subtiel
soos 'n kragopwekker
wanneer jy jou
ten doel stel
om my te oortuig
van jou ware gevoelens
en ek wonder
of ek genoeg
vonk in my het
om vir ons altwee
op koue wintersoggende
genoeg krag
op te wek
want sien
ons altwee weet
dat 'n westewind
soos 'n dief in die nag
ons huis se haard
kan doodblaas



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar