Gedigte

Titel: Summer
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Elke oggend wanneer ek
met koffie op die troon sit
spring jy op my skoot
en knie my saggies,
en wanneer ek, diep in jou oë kyk
verstaan ek, die onskuldige skoonheid

Elke aand wanneer jy
op die bed jou dons kom vryf
verstaan ek
die grasieuse momentum
van esteties liefde

En elke hittige middag
wanneer jy op die vloer lê
met jou bene in die lug
`n spier wit kussing
met skrefies oë
tevrede

Maar nou staan ons hier in die hittige son
sweet en traan oor `n graaf
en `n geel somer blom



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
'n Sterk gedig wat getuig van afskeid.
Uitstekend geskryf.
4 jaar 9 maande 5 dae 20 ure oud


Summer
puik gepen!
4 jaar 10 maande 2 weke 4 dae 1 uur oud


Kommentaar
Eerstens, gaan dit my verstand te bowe dat niemand op hierdie gedig kommentaar lewer nie.

Tweedens, wil ek sê dat hierdie 'n baie goeie gedig is. Daar is 'n element van die sentimentele, maar dit verval nie in 'n soetsappigheid nie. Dit trek die sentimentele deur na 'n sterk en kragtige beeld aan die einde van die gedig wat baie diep tref. Netjies.
4 jaar 10 maande 2 weke 4 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar