Gedigte

Titel: Super Oupa
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Oupa ek kan my oë nie glo,
maar wat ek sê is so!
“Jy is ‘n super Oupa”, sou jy let
dit is presies wat ek gesien het!

‘n Super Oupa is jy,
wat ek met kleinkinders in die see kry!
Wat speel en baljaar,
maak nie saak wie na jou staar!

Vandaar val jy op jou knieë
en bou sandkastele saam met twee
van jou kleinkinders en word nie kwaad,
van die kleinste se aanvalsdaad!

Jou lagplooitjies is opreg
en in jou oë is niemand sleg.
Jy kan ook ernstig luister
voor jy sagkuns trooswoorde fluister.

Jy is ‘n super Oupa in my oë,
al is jou hare grys en jou rug geboë.
In jou voorbeeld wil ek stap!
‘n Super Oupa wat spore in sy kleinkinders se lewe trap!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van ons ander lede

BLIKeMMER

deur natasha dutton

"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar