Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jou kleine liggaam rek nou kwaai
Bruin gebrand nes die ouens van die baai
Daardie “gespikede” hare
Speel met die meisietjies se snare
Die mooi en sterke bene
Kom beslis van Oupa se gene

Jy verander van ‘n leeu na ‘n bul
Om Oupa en jou pa te kul
Ek kan die lekkerkry in jou ogies sien
As jy weer ‘n leuntjie opdien
Jou liefde vir sport
Gaan maak dat jy ‘n groot held word

Daai “tackles” waarmee jy jou maatjies smeer
Lok hul trane want dit is seer
Die spoed waarmee jy die drieë inryg
Laat ons na ons asems hyg
En dan jou eie tevredenheid as jy terugstap
Terwyl die mense vir jou hande klap

Ai my seuna
Of jy eendag Bok word of Protea
Oupa gee nie om nie
Want die lewe gaan nie oor Oupa nie
Solank jy gelukkig is en die lewe geniet
Het Oupa geen verdriet


Aan my kleinseun
Divan



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

superkleinkind
Johann, dis pragtig! Mens kan tog sooo heerlik droom oor die kleintjies! En dis lekker om hul in die rustigheid vd ouerwordende lewe te geniet! Jy het dit so mooi geskryf, met liefde binne-ingevleg! -S
10 jaar 10 maande 1 week 2 ure oud


Trots
Ai kyk as dit nou nie 'n trotse oupa is nie.....dit is die lekkerste wat daar is, om 'n oupa te he wat so kan spog met sy kleinkind. Koester die tye saam... dit is 'n pragtige gedig.
10 jaar 10 maande 1 week 7 ure oud


Ek lees LIEFDE in elke lyn...pragtig! As ek Divan was, sou ek die gedig raam....
10 jaar 10 maande 1 week 7 ure oud



Van ons ander lede

vir koeitjies en kalfies

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar