Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Surrealistiese kruispad
met liquin lewenskrake
verbeeld in pers bome en
abstrakte mensdrake

Verfstreep die kwas
onnatuurlike hale
driedimensionele tonele
van versinde verhale

Paraffien verfverdunner
fikseer kruispad patrone,
onvervulde drome
van wensdenkery
in olieverf strome

kyk die skewe-oog prent
met drie rye beetsuikertande
jou begogeld aan
beduiend
om die kruispad omweg
voetpad langs
tussen droom en
werklikheid te begaan



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Surrealistiese kruispad
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die KRUISPAD projek.
4 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 15 ure oud


kruispad
Hierdie is 'n wenner. Prag woordgebruik.
4 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Botes Stamregister en Kwartierstaat

deur Willie Botes

Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar