Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Swaartekrag siekte wat is dit?
Iets tussen senuwee en spiere sit
Niemand weet lekke wat
ma dit sit stokke in elke rat
Van asemhaling tot sien
dinge wat arms en bene bedien
Maak die lewe trapsuitjies stadig
Genade - genadebrood genadig

Voete grond vasgesluit - gesweis
Swaartekrag maak uiters swaaaar die reis
wat grondwaarts, afwaarts treeeek
nader aarde middelpunt strek
Skuifel, skuifel, skuifel
Vorentoe beur, huifel, huifel
Wonderlik - nog ‘n tree gevorder
wonderwerk – wonder bo wonder

Ooglede lood swaar
Oë werk nie as ‘n paar
Ooglede wondergom gelym, gegom
mond wat uitkry net geluide – gebrom
Tong en lippe vol gate gebyt
gedink dis witbrood en konfyt
Vingers oorkruis geklamp - gekramp
ag siekte asseblief verdomp, verdamp



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar