Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Swartruggens se drinkwater is besmet,
Met wriemelende, sterterige, rooi maaiers groot en vet.
Wie kan ons tog help, wie kan ons red?
Is dit rioolwater wat ons nou hier het?

Dié wat die water toets, beweer dit is gering,
Van die koperasie en nog twee plekke is maaier water gebring.
Getoets en bevind, jy mag dit maar drink!
Jy moet dit net eers deur ʼn siffie inskink.

Ek het probeer maar dit gaan nie goed af,
Is ons vol fiemies of net sommer laf?
Getoets en bevind jy mag dit maar drink,
Is dit die melkerigheid of maaiers wat so stink?

‘n Epidemie van siektes wat op ons wag,
Het ek my verbeel? Hoor ek iemand lag?
Dié ou wat dit toets moet ons hom afdank?....
Hỳ wat beweer, jy kan melkerige water drink,
Met maaiers daar in wat so stink?

ʼn Drastiese stap sal ons maar moet neem,
As ons hierdie dorp nie wil vervreem.
Word daar stappe geneem, moet ons maar verneem?
Of word alles daar gelaat deur elk en ieder een!



Deur: CHRISTAL
2006/03/14








Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIE DODELIKE SPEL

deur neels claasen

Speurverhaal waarin luit. Kas Dreyer die moord op n smokkelaar ontrafel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar