Projek: PROJEK – TRANE (2015-10-27 tot 2015-11-09)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 157
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 09 Nov 2015
sleg
baie sleg
my liefling meisiekind
vir ewig en altyd weg!
die erosieslote oor my wange
deur stormtrane weg gekalwe
dit reën uit my oë
my hartsrivier styg hoër
tot dit deur die walle breek
na 'n lewe uitsigloos en bleek
'n traanrivier waaroor ek nie my brug kan bou
splinters van my lewe spoel weg sonder jou
aan die opdrifsels van my lewe vas geklou
op my traanstroom wil ek roei na jou
elke traan 'n sweetdruppel van my hart
uit my siel gesnik met pyn en smart
probeer om my oog op die lewe te hou
my lens deur trane uit fokus gehou
ai, ek wil graag ontsnap
trane besig om my siel leeg te tap
moeder alleen moeg gestoei
gooi vir my jou reddingsboei
ek wil huil in die reën
dan sien niemand my trane en hoe ek ween
ek sal jou altyd onthou
sweetdruppels van my hart net vir jou!
Lees ander gedigte deur Sinne uit my siel
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Spannie
Hierdie baie kontroversiele vraag van ons tyd rakende die hantering van die menslike liggaam na afsterwe word onomwonde en baie duidelik aan hand van die Skrif en geskiedkundige bronne uiteengesit in hierdie volledige studiestuk. Liggaamsverbranding is baie duidelik 'n suiwer heidense gebruik en streng verbied in die Woord. Vloeiend geskryf, met baie interessante gegewens uit die geskiedenis van ons tyd is hierdie 'n boek wat mens moeilik neersit na jy begin lees het. 'n Moet vir elke ernstige gelowige van ons tyd.